Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal
2011-02-07"In ooreenstemming met sosiologiese navorsing word daar gevolglik aangetoon dat normloosheid in Afrikaanse en internasionale ekstreme metal nie bloot die verwerping van dominante norme behels nie, maar ook die skep van alternatiewe norme, wat ook sosiale kohesie tot gevolg het."
“’n Mens se plig lê altyd in die hede”: ’n Zen-Boeddhistiese aanvulling tot Bernard Stiegler se rolprentmatige fenomenologie van die tyd en die bewussyn
2011-02-01"In hierdie artikel betoog ek dat die diagnose van, en kuur vir, eietydse Westerse moderniteit wat Bernard Stiegler voorstel, ’n belangrike bydrae lewer tot die voortgaande ontwikkeling van die visie van ’n regverdige, erbarmlike maatskaplike wêreldorde, maar dat sy bydrae versterk mag word deur ’n dialoog met die Zen-Boeddhisme."
Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning
2011-01-27"Gelees as historiese roman, postkoloniale roman of ’n trauma-narratief, stel hierdie werk een van die mees genuanseerde verkennings van die balans tussen historiese en ontologiese trauma in die Afrikaanse letterkunde daar."
Wysgerige perspektiewe op die uniekheid van getal
2011-01-19"Die gegewe dat die “natuurlike” getalle op mekaar volg, dui op die potensiaal om sonder einde voortgesit te word – wat vanself sowel die oneindige as die aritmetiese tydsorde van opeenvolging ten tonele voer."
Moedertaalonderrig bevorder leerderprestasie en kulturele diversiteit
2011-01-18 Met die afskaffing van apartheid het die nuwe regering die edele beginsel van ’n veeltaligheidsbeleid aanvaar wat erkenning aan 11 amptelike tale gegee het.LitNet Akademies Jaargang 7(3) - Desember 2010
2010-12-21 LitNet Akademies: Desember 2010 Jaargang 7(3)Staan die natuur op die balansstaat? Omgewingsbeskouings van die plaaseienaar in Voetpad na Vergelegen en Verbrande Paradys
2010-12-14"Hierdie artikel fokus op Chris Barnard se jeugroman Voetpad na Vergelegen (1987) en Verbrande paradys (2009) uit die pen van Hans du Plessis om ondersoek in te stel te stel na die literêre manifestering van omgewingsbewustheid in die karakter van die plaaseienaars en na die vraag in watter mate ekosensitiwiteit in praktyke van bewaringsboerdery neerslag vind."
Op soek na Leipoldt se oom Gert – ’n studie in historiese resonansies
2010-12-10"Teen die agtergrond van Wium van Zyl (1999) se opvatting oor die morele dood van Leipoldt se oom Gert onderneem ek in hierdie artikel, volgens die beginsels van die Nuwe Historisme, ’n soektog na die ou rebel by wie Leipoldt, soos hy by verskillende geleenthede beskryf het, die storie van 'Oom Gert vertel' gehoor het."
Persepsies van hoe pa's by hul seuns betrokke behoort te wees
2010-12-02"Die doel van hierdie eksploratiewe, kwalitatiewe ondersoek was om pa’s se persepsies van hoe hulle en ander pa’s by hul seuns se lewens betrokke behoort te wees, te verken."
Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid
2010-11-26"Veel sterker nog as die impak van ewekniebeoordeling op goeie wetenskap is die impak van strategie, visie en beleid daarop. In hierdie verband het ons besluit om op twee betekenisvolle dokumente van hierdie aard te fokus."
Avatar: 'n Mitologie vir ons tyd? Gustav Barnard reageer
2010-11-11 Gustav Barnard reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Met sy artikel oor Avatar maak Ferreira ’n belangrike toevoeging tot ...Avatar: 'n Mitologie vir ons tyd? Christo Lombaard reageer
2010-11-09 Wat mite kan: Christo Lombaard reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Die verklaring vir mites is dat hulle verklaar. Mites – ...Avatar: 'n Mitologie vir ons tyd? Bert Olivier reageer
2010-11-09 Bert Olivier reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Naas Ferreira se artikel is interessant en tydig, vir sover die kerke – ...YouTube-onderhoud: Francis Galloway gesels oor LitNet Akademies
2010-11-05 Francis Galloway, mederedakteur van LitNet Akademies, ’n geakkrediteerde Afrikaanse aanlynjoernaal vir die natuur- en geesteswetenskappe, gesels oor verskillende skrywers van artikels in die Geesteswetenskappe-afdeling en die ...“In die vyand se kraal”. Die rol en ervaring van Afrikanervroue in die Women’s National Coalition
2010-11-04"In hierdie artikel val die soeklig veral op die Afrikanervrou en Afrikanervroue-organisasies wat by die WNC aangesluit het."
Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd
2010-10-29"Films het vir baie mense die Bybel as morele gids vervang en die skeppers van mites is vandag filmmakers wat hulle skeppings gebruik om die deur na die “ander kant” vir kykers oop te maak. Mites het mistieke, kosmologiese, sosiologiese en psigologiese funksies en beskryf die “reis van die held” om die “skat” te vind en na die mense terug te bring."
Enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10
2010-10-20In hierdie artikel word hierdie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10 in ’n groot parallelle berekeningspoging getel.
