LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die doeltreffendheid van die gebruik van vertaalde gesprekstorieboeke vir die ontwikkeling van wiskundewoordeskat en wiskundevaardigheid in klasgroepe

Hanrie Bezuidenhout, Parvin Nemati LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-18

"Die deelnemende kinders is ewekansig in ’n intervensiegroep (n = 35) en ’n vergelykende groep (n = 26) verdeel waarna onderwysers drie gesprekstorieboeke oor ’n tydperk van vier weke minstens vier maal vir die intervensiegroep leerders gelees het om wiskundegesprekke in die klas te ontlok. "

Die gebruik van taakgebaseerde aktiwiteite in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vergelykende ontleding

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-14

"Hierdie vergelykende ontleding van die twee handboekreekse toon dat daar ’n werklike behoefte aan ’n konseptuele raamwerk bestaan wat taalkunde-onderrig, volgens die taakgebaseerde benadering, kan rig."

Kunsmatige-intelligensie-Jesus-kletsbotte se uitdaging vir teologie: ’n verkennende studie

Anné Hendrik Verhoef LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-07-10

"’n Teologiese uitdaging wat KI skep en wat nog nie aangespreek is nie, is die bekendstelling van verskeie 'Jesus-kletsbotte', soos AI Jesus en Virtual Jesus. Die teologiese uitdaging wat hierdie kletsbotte bied, is uniek en waarskynlik die belangrikste KI-verwante kwessie vir teologie: Hulle boots nie ’n mens na nie, maar vir God."

Die organisatoriese transformasie van die Oranje-Vrystaatse krygsmag in die periode Oktober 1899 tot Julie 1900

Jaco de Bruin, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-07-10

"Die posisie en rol van range soos die Vrystaat se staatspresident, hoofkommandante, assistenthoofkommandante en veggeneraals word bespreek. Toepaslike wette en die gepaardgaande regsimplikasies word ook ontleed."

’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet

Jacob P.J. de Bruyn LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-07-03

"Die navorsingsdoelwit is die evaluering van Prophet se rol in en benadering in verhouding tot die kerk se getuienisroeping binne die konteks van God se regering (koninkryk). Dit behels ’n kwalitatiewe beskrywende ontleding van lirieke, met verwysings na toepaslike kontekste van ’n aantal uitgesoekte liedjies wat die groep oor ’n tydperk van 28 jaar vrygestel het."

Die ontwikkeling van ’n akademieseveerkragtigheidskaal (AVS): nommerpas vir die Suid-Afrikaanse konteks

Marien Alet Graham, Karen Roux, Jenette du Plooy LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-03

"Hierdie artikel rapporteer oor die kwantitatiewe aspek van ’n groter gemengdemetodestudie, met die fokus op die antwoorde van studente met Afrikaans as huistaal. Die doel van die breër gemengdemetodestudie was om ’n betroubare en geldige akademieseveerkragtigheidskaal (AVS) vir die Suid-Afrikaanse konteks te ontwikkel."

Verkenning van die bepalers van talentbehoud van vroeëloopbaanakademici in Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings

Dorcas Lebogang Lesenyeho, Kezell Klinck LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-06-24

"Dit is noodsaaklik om in werknemersopleiding en talentontwikkeling te belê, veral vir vroeëloopbaanwerknemers, as maatskappye volhoubaar wil groei. Die arbeidsmag wat hierdie groei dryf, word geraak deur groeiende vaardigheidsgapings wat deur werknemersopleiding en -heropleiding oorbrug kan word."

Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2025-06-23

"Die gevolgtrekking is dat nóg die Grondwet nóg die wortels van ons onderskeie tradisionele moraliteitskulture enige ruimte laat vir ondeurdagte aanslae op die oppergesag van die reg en die algemene morele verval in die land."

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-06-20

"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."

Battery 9 as pioniers van industriële musiek binne die Afrikaanse rockmusiektoneel

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-06-17

"Hierdie artikel bespreek die konteks waarbinne Battery 9 ontstaan het met verwysing na die globale en plaaslike industriëlemusiektoneel [...] en toon aan hoe Battery 9 ten opsigte van styl met hierdie tonele skakel, maar veral ook deur die temas wat in hul lirieke aangespreek word."

Vonnisbespreking: Konteks en bedoeling – besinning oor die Hoogste Hof van Appèl se haatspraakuitspraak

Casper Lötter LitNet Akademies (Regte) 2025-06-12

"Terselfdertyd [...] is die fiktiewe karakter van die redelik ingeligte persoon ’n onhoudbare niksseggendheid aangesien die omvang van waninligtingsveldtogte op die internet en sosiale media die gedagte aan ’n 'redelik ingeligte persoon' waarlik ’n uitsondering op die reël maak."

Die lewende testament – Is daar regsekerheid in die Suid-Afrikaanse reg?

Marc Welgemoed LitNet Akademies (Regte) 2025-06-10

"Dit is belangrik dat regsekerheid aangaande die geldigheid van lewende testamente verkry word, aangesien ’n situasie kan ontstaan waar ’n persoon wat aan ’n terminale siekte ly, verwag dat behandeling gestaak of ’n ventilator afgeskakel moet word – en dat so ’n wens in ’n lewende testament vervat is."

Die bekoorlikheid van Latyn in Suid-Afrika. In gesprek met Franco Prinsloo oor die rol van Latyn in koormusiek

Louise-Mari Muller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-06-03

"Die primêre bevindings van die artikel is dat die rede waarom Latyn steeds ’n aktiewe rol in koormusiek speel, sowel in Suid-Afrika as internasionaal, te doen het met die voortdurende toeganklikheid van die Latynse vokaalsisteme en die suiwer tonale produksie wat hierdie vokaalklanke bied."

Die regsgeldigheid van strafbepalings in die COVID-19-regulasies: ’n akademiese ondersoek

Daniël Eloff, Albert Lamey LitNet Akademies (Regte) 2025-06-03

"Voorts beklemtoon die artikel die noodsaaklikheid van duidelike en regverdige regulasies tydens toekomstige nasionale ramptoestande, om te verseker dat regeringsoptrede binne die grense van die wet en sy bevoegdhede bly en individue se regte beskerm."

’n Veeltalige vakspesifieke termlys: Suid-Afrikaanse rugbyspelers se taktiek om taaluitdagings in Frankryk te pypkan en plettervat

Trudalise Kirsten, Carina Grobler LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-05-30

"Kenners stem saam dat spelers eerder taalprogramme of hulpmiddels benodig wat die aanleer van rugbytaal as vaktaal sal vergemaklik. Soos in ander domeine, ontstaan daar ’n unieke terminologie vir rugbyspelers wat aan moontlike gebruikers beskikbaar gestel behoort te word."

’n Vrouetydskrif oor 75 jaar – ’n sosiale barometer van haar tyd

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-05-22

"Die doel van hierdie artikel is om Sarie as sosiale barometer van haar tyd voor te stel. Die velde mediageskiedenis en tydskrifstudie vorm die teoretiese raamwerk vir die vertrekpunt."

Die skolastieke bibliologie van Petrus van Mastricht (1630–1706)

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-05-16

"Hierdie studie herwaardeer Van Mastricht se bibliologie binne die konteks van sewentiende-eeuse epistemologiese debatte, waarin hy homself as ’n uitnemende verteenwoordiger van die Dordtse ortodoksie onderskei."

Kanselleerkultuur as strafbeskaming in Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Madelaine Page LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-05-13

"Die verhaal wys hoe strafbeskaming en sondebokmaking deur kanselleerkultuur as ’n samelewingsverskynsel binne die groter verband van ’n ingewikkelde, geglobaliseerde en elektroniese samelewing funksioneer, en hoe dit gerugsteun word deur dophoutegnologie- en gesigherkenningstelsels."

Die skep-jou-toekoms-werkswinkel as ’n aanlyn datagenereringstrategie in ’n aksienavorsingsbenadering

Suné Erasmus, Carolina Botha, Elma Marais LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-05-09

"Navorsers word toenemend gemotiveer om te eksperimenteer en innoverend te wees in hul strategieë en navorsingspraktyke. Deur verskillende digitale platforms te gebruik, word die potensiaal ondersoek om meer aktiewe betrokkenheid met deelnemers in uiteenlopende geografiese gebiede te fasiliteer."

Jona en sy teologiese trauma

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-05-08

"Jona se teologiese trauma is sy ervaring dat God konsekwent God is. God handel ooreenkomstig Jona se belydenis aangaande Hom, terwyl Jona dit eintlik anders verwag."

Top