Zelda Mans

Zelda Mans is in Kroonstad gebore, waarna sy onderwys in Potchefstroom gaan studeer het. Na ’n vinnige draai in Cradock het sy die Karoo vir die see verruil. Sy is tans woonagtig in Hartenbos en is ’n ywerige Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Punt. In 2016 verskyn haar debuutromanse Sy hart se lens by LAPA-uitgewers en kort daarna die roman Waar die krieke sing. Sy is tans besig om deeltyds aan die Universiteit van Fort Hare in Afrikaanse letterkunde te spesialiseer. Die fokus van haar navorsing is emosionele genesing in letterkunde. Musiek, kuns en letterkunde is waarom alles vir haar draai.

’n Bespreking van Eben Venter se Wolf, wolf met verwysing na die titel, ruimtes en sosiopolitieke kommentaar

Zelda Mans Lesersindrukke 2021-03-25

"Xenofobie en rassigheid in die nuwe Suid-Afrika kom onder die loep as deel van die sosiopolitieke kommentaar wat Venter op die postapartheidsbestel lewer. Die gevolgtrekking kan egter gemaak word dat die teks uiteindelik aan die leser behoort."

Middernag deur Sidney Gilroy: ’n resensie

Zelda Mans Resensies 2021-01-17

"Ek beveel Middernag vir almal aan wat al gewens het vir ’n boek wat van die gewone resep afwyk. Ongeag die literêre bagasie wat elke leser het voordat die roman gelees word, besit die roman die vermoë om die leser in die middernagtelike ure steeds oor die raaisels te laat wakker lê."

’n Geheelbeeld op die oeuvrebydrae van die digter Johann Lodewyk Marais ten opsigte van natuurpoësie en ekokritiese poësie

Zelda Mans Lesersindrukke 2021-01-12

"Marais vervul ’n integrale rol in die Afrikaanse literatuur met sy intelligente en emosionele kommentaar op die omgewing en die gebruik daarvan."

Boekbespreking: Hammie en feminisme

Zelda Mans Lesersindrukke 2020-07-21

"Hammie is ’n bewys dat die onderdrukking van die swart/bruin vrou nie net in die geskiedenis is nie, maar steeds vandag plaasvind."

’n Bespreking van die verteller en verhalende elemente in Hammie deur Ronelda Kamfer, met ’n fokus op die onderskeidende ervarings van die spreker

Zelda Mans Lesersindrukke 2020-04-15

"Die verhaal wat in die gedigte in Hammie vertel word, vorm as ’n geheel die beeld of metafoor. Dit gebeur omdat die verhaal op die voorgrond geplaas word. Dit skep dan die illusie dat die gedig die ervaring self is."

Coffee Snobs en Riana Scheepers: Die reis van vers na liriek ‒ ’n LitNet-lesersindruk

Zelda Mans Musiek 2019-05-29

"Almal is traag om die museum te verlaat, want die aand was ’n bewys dat die egste, eenvoudigste en eerlikste vorm van kuns nog bestaan. Coffee Snobs se hele vertoning en menswees het dit duidelik gemaak dat hulle sing om hulle storie te vertel."

Top