Yuri Thumbran is tans ’n ekonomiese joernalis by ’n groot organisasie. Hy begin as korrespondent by die destydse Beeld Ekstra en sluit hom daarna aan by die Argusgroep, waar hy oor politiek en die ekonomie skryf. Sy belangstellings sluit in reis, stap, rugby en lees. Ondanks reise in België, Frankryk, Groot-Brittanje en Zimbabwe sê hy Mpumalanga se skoonheid lê na aan sy hart. Sy droom is om die Wes-Indiese eilande en Kuba te besoek.