Soms wens ek ek kon van die self-opgelegde taalpuriste by my gehad het tydens die optog van die Kaapse Klopse …
Sogenaamde bruinmense – baie wat in die aprtheidstyd verkies het om as Engelssprekend gesien te word – het die taal laat klop. So tussen die klank van basuine, ghoemas, kitare en banjo’s, onder meer, kon jy hoor die taal lewe. Iemand van die Klopse het al tydens ’n TV-program gesê terwyl hulle daar is, sal Afrikaans nie uitsterf nie. En dit was ’n ydele stelling nie. Jy moet Afrikaans by bruines wegvat voor jy werklik iets daaraan kan doen.
Myns insiens is die mense trots Afrikaans. Tog word hul bydrae geïgnoreer. En ek glo stellig dat indien daar ’n groot aanslag op Afrikaans sal kom, juis die mense – waarvan baie Klopse is en van die hand tot die mond leef – op sal staan vir Afrikaaans.
Dit is mense wat nie kan bekostig om uit te bekostig om na fancy feeste en dies meer te gaan nie. Die sogenaamde elite binne die bruin gemeenskap is eintlik net daar vir selfverryking, om gesien te word en hul CV’S uit te bou. Vir die meerderheid van hulle het ek juis geen respek nie. Hulle is lief om met wittes gesien te word ...
Iewers klink dit na my of dit juis die ding is wat Adam Small in sy digkuns probeer illustreer het.
Dus, wees ’n ster. Kry vyf gewone bruinmense van die Vlakte om ’n item by die Woordfees in te sit. Dit is ’n uitdaging aan jou … laat die bou val.
Die doktors, professore en ander hooggeplaastes uit die bruin gemeenskap dien nie hul saak nie.
En hulle word om verskeie redes geïgnoreer – veral omdat hulle status “minderwaardig” is.
Gergroet, ou grote.
Jou vriend
Yuri

