Wanneer ’n mens na gebeure in die land kyk, moet jy vra of Suid-Afrika na 22 jaar gevorder het of nie. Dit is veral op die gebied van plaaslike regering, die hardnekkigheid van vakbonde, wanbesteding soos in Limpopo, onderwys, die brek aan werk, misdaad, gesondheid, die verkragting van hulpbronne soos perlemoen en renosterstropery, paaie, behuising en ander dinge wat jou kan neerslagtig maak.
And die positiewe kant het vroue in ’n groot mate vordering gemaak. Die land se voorste maatskappye ding mee op buitelandse markte ensovoorts.
Tog wanneer ’n mens stil sit en dink, besef jy dat swartes steeds die slegtste daaraan toe is. En dat die ANC retoriek gebruik om dié se aspirasies lewendig te hou.
Tog bly dit by retoriek en die gebrek aan dienslewering raak ’n groter sweer wat kan oopbars ... Retoriek gaan nie help nie ...
Yuri

