Afrikaner se bankrotskap bereik nuwe laagtepunt

  • 1

Dit raak al hoe meer duidelik dat bruines sal moet kant kies – tussen die vorige verdrukker en die huidige bestel. Kies tussen wit of swart.

Wat duidelik is dat Afrikaners kultuur gebruik as die nuwe verdrukker. Wat tans in die opset is, is sielswroegend en ‘n vingerwys vir bruines.

Een van die sondebokke in die opset is kykNET. Sonder om te aarsel het kykNET met die onlangse Ghoema-toekennings vereenselwig. Sonder om te dink is hierdie onsensitiewe besluit geneem.

Die Ghoema dateer uit slawerny-dae en dit is verewig in die werk van Taliep Petersen en David Kramer. Albei se loopbane is in stadiums deur apartheid gekortwiek. Dit was ook een van die instrumente wat nog steeds deur die Kaapse Klopse gebruik word in die apartheidsjare – voor dit en daarna. Voor die meeste Ghoema-wenners hul babadoeke gedra het, het dit in Hannoverstraat geklop.

Dit sal goed wees indien die huidige kultuur-mafia na die Ghoema-DVD gaan kyk en sien hoe daar met die Boere/Afrikaners die spot gedryf word.

Enige bruinmens wat hom as Afrikaner beskou is nie sy eie bloed werd nie. Om te dink dat Emraan Adams (Emo) die bruin bevolking verteenwoordig is ‘n ernstige mistasting en onderskatting van bruines se vermoeëns.

Wat verder walglik is, is dat elke ou fees, hoe banaal ook – kykNET kry.

Dan word daar met foto’s oral gespog: koerante, die web ...

My probleem is dat Afrikaners konstant kla oor die marginalisering van die taal – en dit is juis hulle wat die taal onder die dekmantel van kultuur skaad.

Bruines sal nou hul moue moet op rol en die Boere pak. So kan dit nie aangaan nie.

Daarom is dit noodsaaklik om die Smarties – wat die Boere goed laat lyk – te ontmasker. Sedert 1994 het die Afrikaner bruines misbruik (sonder dat hulle dit besef) om goed te lyk. Om politiek korrek te wees.

Eindelik verdien die Afrikaners ‘n groot fok jou teken.

Staan op bruinmense.

Yuri

  • 1

Kommentaar

  • N.S. Yuri

    Die Bruinmense  is vandag goed ge-integreer in die (sogenaamde vorige wit) Afrikaner-kultuur organisasies.  Die hoof van die Taalraad; die ATKV, sleutel posisies in Media 24,  ens. is bruinmense volop. "Wakie, Wakie" ou. 

    Ons het wel nie 'n "soap box" geleentheid soos in Hyde Park Corner in London nie, waar elke doof sy opinie, hoe "stupid" ook al kan lug nie, maar jy kan seker soiets  in Roelandstraat begin, of hoe se jy? 

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top