Die Wors krimp

  • 0

Is Wors besig om Afrikaans ‘n knou toe te dien? Sy reeks Hester en Ester Bester was bra flou.

En die vasklou aan Molly en Wors help nie. In beide reeks word Afrikaans verwurg. En die snaaksheid raak yler.

Die storielyn word ook ontspoor deur bykans elke week iets oor Ouma daar te hê. En dit is gewoonlik iets onsedeliks wat ‘n klap in talle oues se gesig is.

Die reeks het ook al stereotipes ontwikkel. Opening – pa en kinders gesels in die tuin. Ma fluit. Begin eet en ‘n gestoei begin waarin iemand, gewoonlik pa, almal maan om te shut-up. En die storie eindig met jou rowwe bliksem. Dit is pynlik om te dink dat twee dik mense soveel energie en passie het vir seks.

Daar is denkbeeldige karakters, veral Auntie Poppie. Verwys dit nou Oom Frik se Pop uit "Vetkoekpaleis".

En om die kroon te span, reik Wors nog ‘n film met swak smaak – "Stoute Boudjies" - uit. Ons kan dit nie ontken nie. Oom Wors se volk is stout. Hoeka gister weer gesien hoe vier eerstejaars van Tukkies vir morning-after pille tougestaan het.

Maar wat Wors probeer voorstel is dat die volk sonder sedes is. Hy probeer morele standaarde afkraak. En daar is nie juis humor in nie.

En so tussen-in is daar ook ‘n tikkie rassisme Die common rubbish waarna Molly verwys is Neville en Melvin – twee Indiërs waarmee die Wors werk.

Ek dink die Wors-gesin, saam met Ouma, kan ‘n Leon Schuster-bedelpetalje gaan begin – met lunsriem en G-string.

Dalk maak hulle meer geld.

Wat hy nou aan kykNET-kykers verkoop is absoluut gemors.

Sede-gewys, taal-gewys …

Wors, dalk het jy ‘n nuwe battery nodig om jou loopbaan te kickstart. Los die Eco-batterye.

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top