Jan Rap loop homself uit

  • 0

Ek besef jy is ’n kampvegter vir Afrikaans. Dus is dit my siening dat jy jouself uithardloop met jou insiggewende steun vir Stoute Boudjie.

Want, as jy mooi dink, is daar ’n reeks Engelse woorde met die greep “virgin”  wat oorlopens toe gebruik word.

En dan is daar die juweel waar die twee karakters ’n powere poging aanwend om Engels te praat. Dit kan nie so wees nie.

Dit is van die duiwel wat uit die taal geroei moet word.

Waarom daar altyd ’n bespotting gemaak word van Afrikaners en Afrikaans gaan my te bowe. Ek ken Afrikaners – en hulle het nog nooit so swak Engels gepraat nie.

Ek het ook al ’n antwoord vir iemand wat “actually” vervelens toe gebruik. Gewoonlik dan wys ek vir hulle daarop dat dit ’n Pet Shop Boy album is en dat ek hulle beny vir hul lojaliteit teenor die groep.  Volgende wys ek uit dat ek dar vir ander besigheid, nie om albums te koop nie. En dit werk.

Terloops, is American Pie nie ’n liedjie nie – ’n immergroen een daarby. Hoe pas dit by boudjies?

Jy klink na ’n stoute kaboutertjie …

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top