Gister by die Hatfield Plaza se vlooimark het ek ‘n oom Kaspaas-oomblik gehad. Iewers tussen sy klomp boeke het ‘n ou omie ‘n oorspronklike eksemplaar van Oom Kaspaas en nefie.
My dogter hoor toe van die twyfelagtige verlede van die bebaarde oom Kaspaas en hoe nefie aan sy lippe hang. Op negejarige ouderdom bevraagteken sy waarom ek die boek wil koop. Sy is nou op die stadium waar sy elke boek verslind wat sy lees. Boonop is sy in die comic-stadium. So erg dat ek vir haar ‘n armvol van die goed gekoop het.
Haar eerste poging die jaar was ‘n volslae mislukking. Sy het bykans R80 van haar sakgeld aan ‘n X-Men eksemplaar bestee en na 'n gesukkel klaar gelees. En sy het erken dat sy nie gelukkig was nie.
Gister vir haar met onder meer Superman en Archie toegegooi.
Terug by oom Kaspaas. Die omie sê dit kos R500. Eers dink ek dit is ‘n Aprilgrap.
Toe wys hy my die prys. Voor die interne debat binne my woed, dink ek by myself: “My fok.”
Die oom weier om die prys te verlaag. Toe stap ek maar weg met Hertzogprys-wenner Adam Small se "Kanna hy ko hys toe".
Die besoek was die moeite werd ... maar Oom Kaspaas – dit is ‘n ander storie.
Ook weer besef dat boeke steeds waardevol is.
Yuri

