Willie Breytenbach

Willie Breytenbach is emeritusprofessor in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.

’n Pragboek deur twee bekwame joernaliste: Spoilt ballots deur Matthew Blackman and Nick Dall

Willie Breytenbach Resensies 2022-04-04

"Blackman en Dall se name mag maar by dié van sulke hedendaagse swaargewigte soos Giliomee en Grundlingh gereken word. Ons historici is tops."

’n Vergelykende studie van minderheids- en etniese politiek in China en Suid-Afrika: ooreenkomste en verskille

Willie Breytenbach Seminare en essays 2021-05-07

"Hierdie studie is ’n vergelykende studie van die erkenning van taal- en/of etniese minderhede in die staatkundige instellings van die Chinese Volksrepubliek (sedert 1949) en die Suid-Afrikaanse staatsopset sedert die segregasie-, apartheids- en afsonderlikeontwikkelingsbeleide wat ingevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 finaal afgeskaf is. Enkele verwysings word ook na die Britse koloniale beleide van indirekte bestuur in stamgebiede in Afrika gemaak."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Willie Breytenbach

Freek Robinson, Willie Breytenbach Onderhoude 2021-04-07

Wat gebeur tans in Mosambiek en hoekom? Freek Robinson gesels met Willie Breytenbach, emeritusprofessor in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.

Die Islamitiese verset in Cabo Delgado in Noord-Mosambiek

Willie Breytenbach Seminare en essays 2020-12-21

"Drie vrae is relevant: Wie of wat is die plaaslike bevolking in hierdie gebied? Wie is die nuwe beleggers? En wie of wat is verantwoordelik vir die insurgensie? Die antwoorde is dalk nie so maklik nie."

Internasionale petrolpolitiek: Wat, wie en waar van die oliewinste

Willie Breytenbach Seminare en essays 2020-12-03

"Dis nog lank voordat alternatiewes soos kernkrag, waterkrag, windkrag en skaliekrag beduidende invloede op die petrolbedryf in state soos Angola en Nigerië sal hê."

China, die Gordel-en-pad-inisiatief, COVID-19 en demokrasie in Afrika

Willie Breytenbach Seminare en essays 2020-10-29

"Ondermyn of bevorder die Gordel-en-pad-inisiatief die kontinentale vryheidsprojek in Afrika?"

Staatsgrense en migrasie in Afrika: Van Berlyn tot Kaïro en Kigali

Willie Breytenbach Seminare en essays 2019-12-12

"Die 'grensdebat' is nog lank nie verby nie, want die groot probleme rondom klimaatverandering en vlugtelingskap is ook lank nie verby nie."

China en Afrika: ’n raaiselagtige mengsel van alles?

Willie Breytenbach Menings 2019-10-18

"Is dit neokoloniale kultuurprojekte waarin die Chinese ontwikkelingsmodel gepropageer word?"

Universiteite in Afrika: Is moderne kennis noodwendig Westers en daarom verwerplik?

Willie Breytenbach Universiteitseminaar | University Seminar 2019-06-20

"Sonder die vermelde universiteitsprodukte sou die stryd om dekolonisering minder doeltreffend gewees het. Versetbewegings soos Pan-Afrikanisme, négritude en Afrikanasionalisme was almal antikoloniaal maar nie noodwendig teen die idee van universiteite nie."

Die “granietvoetspore” van die wêreld met besondere verwysing na die voetspoor digby die Mpuluzi in Mpumalanga

Willie Breytenbach Menings 2018-09-27

"Daar is ten minste drie bestaande 'reusevoetspore' in granietgesteentes wêreldwyd: in Sri Lanka, Thailand en Suid-Afrika. In al drie gevalle heg die plaaslike bevolkings besondere godsdienstige betekenisse aan hierdie verskynsels. Dit is egter verskillende godsdienste."

Grondhervorming: Onteiening sonder vergoeding?

Willie Breytenbach Menings 2018-07-24

"’n Laaste faktor waarvan iemand soos Cyril Ramaphosa goed behoort te weet – en sal weet – is dat onteiening sonder vergoeding van produktiewe landbou- en bosboubates nie net boere en agribesighede sal benadeel nie, maar ook – en veral – die banksektor."

Die oorsprong en implikasies van die ''Driekamergrondwet'' (1983)

Willie Breytenbach Menings 2018-05-31

"Die 'Driekamergrondwet' (Wet 110 van 1983) was nie ’n logiese verlengstuk van enige van die voorafgaande grondwetlike tradisies – parlementêr of presidensieel – in Suid-Afrika nie. Dit laat die vrae ontstaan oor wat die  inspirasies vir die 1983-bedeling was, wie daarvoor verantwoordelik was en waarom die leeftyd daarvan slegs omtrent ’n dekade geduur het. Kon dit anders verloop het?"

Zimbabwe sonder Mugabe: Wat nou?

Willie Breytenbach Seminare en essays 2017-11-30

"Kan ’n Krokodil in byvoorbeeld ’n Krismisboom verander?"

Afrika en koloniale gebiedsverdeling: ’n onderhoud met Willie Breytenbach

Menán van Heerden, Willie Breytenbach Onderhoude 2017-10-05

"Die beduidendste gevolge van kolonialisme was Europese taaloordrag (bv Engels en Frans), die oorneem van sport deur Europese sportsoorte soos sokker, rugby en krieket in feitlik alle kolonies, die vestiging van die moderne bankwese (’n Britse produk) en regstelsels soos Britse maatskappyregte."

Making Africa Work: a book review

Willie Breytenbach Books and writers 2017-07-19

"Manufacturing in Africa has suffered: firstly, during colonial times, when raw materials were exported, as beneficiation took place abroad; and secondly, today, as China does the same."

Top