Valda Jansen

Valda Jansen hou van mooi woorde, onbekende strate, Kaapstad en Kreta, en van mense wat sy kan vertrou. Bo alles glo sy onwrikbaar in boeke. Nadat haar dogtertjie gebore is, was Valda in die wolke – sy hoef toe nie meer skuldig te voel om arms vol kinderboeke te koop nie of om saam met haar dogter in ’n restaurant te sit en inkleur nie. 

Voordat Valda se roman, Hy kom met die skoenlappers, in Junie 2016 verskyn, het sy gedigte geskryf. Sy debuteer in 1989 toe van haar gedigte opgeneem word in I Qabane Labantu, die versamelbundel van versetpoësie onder redaksie van Ampie Coetzee en Hein Willemse en daarna ook in die versamelbundel Optog (1990). Haar gedig “Toe skoene” word opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte en van haar gedigte verskyn ook in Groot verseboek. Haar kortverhaal “Mooi Melissa” verskyn in Boeke-Insig van Lente 2007.

 

 

 

Sy was ’n vrou van kleur en ’n vrou van kleure: ’n Elegie vir Anastasia de Vries

Valda Jansen In memoriam 2024-09-11

"’n Mens wil iéts doen. By die aanhoor van jou afsterwe, Anastasia, wil ’n mens iets dóén. Iets groots. ’n Grootse gebaar, soos om goed aan die brand te steek. Of ten hemele te skree. Maar al wat uit ons lyf kon kom, was ’n gedempte huil. Gedrae klanke vanuit diep binne ons."

Elders gesien: Braam de Vries, jy was onvolprese

Valda Jansen Elders gesien 2024-08-25

"Maar Braam is so ’n vriendelike siel, met ’n glimlag wat altyd gereed staan en helder, meelewende oë. Ek groet hom en sê my naam. Ons skud hand en hy begin onmiddellik praat oor my boek."

Jan Rabie-Marjorie Wallace-gedenklesing 2023: Die onsigbare vrou met die veerpen in die hand: “Ich bin die Frau von gestern”

Valda Jansen Seminare en essays 2023-11-23

"Ek word soms ook behandel asof ek ’n variant is; asof ek ’n variant van ’n taal praat; asof ek ’n variant van ’n mens is. Maar hulle misgis hulle."

Refleksie

Valda Jansen Stemme | Voices | Amazwi 2023-09-28

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Valda Jansen se dialoog Refleksie vertolk Jill Levenberg en Lindzay Naidoo die rolle. Sandra Temmingh was in die regisseurstoel.

SBA-huldigingstoespraak: Diana Ferrus en die onrusbarende tye

Valda Jansen Boeke en skrywers 2022-12-15

"Haar naam is Diana Ferrus en sy is hiér. En omdat sy hier is, is ons ook, want soos sý die ruimte om haar ínneem, so laat sy die res van ons toe om dit ook te doen."

Reusagtig soos Zelenski, Oekraïne op my TV-skerm: Lag. En húil.

Valda Jansen TV 2022-04-04

"En toe kom gooi Netflix ook ’n speek in die wiel met die uitsending van die komediereeks waarin Wolodimir Zelenski die rol van president van Oekraïne gespeel het. In die TV-reeks uitoorlê die president sy teenstanders en seëvier uiteindelik. Die goeie oorwin die bose. Maar wat sal die regte Zelenski se uiteindelike lot wees?"

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Valda Jansen

Naomi Meyer, Valda Jansen Skrywersonderhoude 2021-06-29

"My droom is om boeke te skryf wat iets sal beteken vir diegene wat dit lees; boeke wat iets kan sê oor ’n tyd wat verby is."

Valda Jansen: ’n onderhoud rondom die 2020 Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs

Naomi Meyer, Valda Jansen Skrywersonderhoude 2019-12-04

"Die idee vir hierdie projek het so sewe jaar gelede reeds oor my pad gekom."

Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Valda Jansen

Naomi Meyer, Valda Jansen NeerlandiNet 2019-09-17

"My dogter vergesel my en ons vlieg eers Duitsland toe waar ons ’n paar dae by vriende in Keulen gaan kuier. Anna is 14 jaar oud en dit sal haar derde besoek aan Duitsland wees; die eerste keer was sy 4 en die tweede keer 8. Ons sien ook uit na die treinrit vanaf Keulen na Amsterdam vir die Week van de Afrikaanse roman." Valda Jansen gesels met Naomi Meyer oor die Week van de Afrikaanse roman 2019, waar sy binnekort optree.

Die dag toe ek my hare verloor het

Valda Jansen Menings 2017-03-05

"Die dag toe ek die knop in my bors voel, onthou ek die droom."

Gee jou hart vir Richmond

Valda Jansen Feeste 2016-11-11

“Ek wens ek kon al hierdie woorde in hierdie vertrek in my hande opvang en buite in die straat gaan uitdeel. In die kinderhande wat so bakhand staan. Woorde wat sê: ek sien jou raak, ek hou jou vas, neem, dit is my liggaam. Ek wens ons kon die deure óópgooi.”

Onderhoud: Valda Jansen oor Hy kom met die skoenlappers

Valda Jansen, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-07-19

"Dit was nie maklik om mense rondom my doelbewus uit te sluit nie. Maar dit was nodig vir die storie om vorm aan te neem. Dit was nie maklik om deur die muur te breek wat ek oor baie jare sorgvuldig om myself gebou het nie."

Valda Jansen se ses bestes

Valda Jansen 2012-03-16 Hierdie week kies Valda Jansen haar gunsteling-kuierplekke op die wêreldwye Web.
Top