In memoriam: Adam Schlesinger het ’n plek in jou hart (al besef jy dit dalk nie)
2020-05-11"Schlesinger is op 1 April aan COVID-19 dood. Hy was ’n gevoelige, produktiewe en uitstaande popmusikant wat gereeld harte ligter gemaak het – en ons het nie eens altyd geweet dit was hy nie."
Miles Davis: ’n klankbaan vir jazz-slawe
2020-03-03"Wie weet waar of wanneer ons dit sal sien. Maar vir jazz-slawe en ook vir almal wat net soms by die jazz-afdeling inloer, is die klankbaan minstens een luister werd."
Oomblikke wat jou tot stilstand bring
2020-02-18"Vir puriste is Gil Scott-Heron se oorspronklike album die een om te hou, maar I’m New Here (10th Anniversary Edition) se ekstras maak dit die moeite werd."
Hajime Chitose se klank van verwondering
2020-01-20“Daar is glo studies wat bewys dat shima-uta, en veral Hajima se sangstyl, ’n mens laat ontspan. Dalk, of dalk nie, maar haar stem en musiek is iets uit ’n ander wêreld waar ’n mens se gedagtes heelwat ligter word.”
iskwē – uit ’n inheemse hart
2019-11-20“Met acākosīk, wat op 8 November uitgereik is, vind sy uiteindelik haar unieke stem. Dis nie elektronika en inheemse tradisies wat meng totdat net ’n generiese world fusion oorbly nie. Die twee elemente en die twee kultuurwêrelde waarin sy leef, staan ewe sterk langs mekaar en dis wat haar laat uitstyg.”
The O’Jays praat klaar
2019-10-30“Kompromisloos soos altyd, het hulle dadelik hul laaste toer aangekondig. Dis nou aan die gang en eindig op 1 Desember in Los Angeles.”
Rachid Taha praat vir oulaas uit die hart
2019-10-08“Sy konserte was skouspelagtig, sy lirieke altyd skerp, maar sy musiek, reken die meeste kenners, soms wisselvallig. Daarom is dit goed om te kan sê dat sy 16de en laaste album, Je suis africain, weer Rachid op sy beste is.”
Ken Nordine se unieke woordmusiek
2019-09-11“Toe die advertensies ophou, het mense radiostasies gebel en gevra dat hulle dit weer speel. Dit het Ken besiel om in een dag (het hy beweer), ’n album van kort stukke oor 34 verskillende kleure te skryf en op te neem.”
Hope Masike – die nuwe prinses van mbira
2019-08-21"Hope bou haar liedjies met van mbira se tradisionele tegnieke, maar speel stadiger frases as wat jy dalk op dié instrument verwag en gebruik heelwat eggo wat hulle soos dagdrome laat hang."
Een klein tree vir Major Tom, ’n reusesprong vir David Bowie
2019-08-02"In 1969, einde Januarie of dalk vroeg Februarie, het David Bowie se fantastiese reis deur die musiekheelal begin met ’n demo wat hy en ’n vriend opgeneem het. Clareville Grove Demos is die tweede houerstel wat vanjaar uitgereik word om Bowie se deurbraak te herdenk."
