Michael le Cordeur

Michael Le Cordeur is ’n NNS-gegradeerde navorser en professor in Afrikaansonderwys en tans die vise-dekaan vir Onderrig en Leer in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch waar hy voorheen ook voorsitter was van die Departement van Kurrikulumstudie. Voorheen was hy Afrikaansonderwyser, skoolhoof van Kylemore Hoërskool en kringbestuurder van Onderwys in Stellenbosch

Hy studeer aanvanklik aan die Universiteit van die Wes-Kaapland waar hy onder ikone soos Jakes Gerwel en Tony Links studeer vir die BA, HONS en HOD-kwalifikasies. Hy verwerf ook die B Ed-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika en ’n bestuurskwalifikasie aan die US se Sakeskool. Daarna verwerf hy die meestersgraad en ’n doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch met navorsing oor die rol van die media in  die bevordering van leerlinge se leesvermoë. Sy navorsing, kennis en passie oor leesonderrig is volgens hom gepaste vaardighede om ’n bydrae te maak tot die SBA se “Zoë-leesprojek” wat landwyd meer as 53 000 leerlinge en 530 skole bereik het.

Le Cordeur is ’n direksielid van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en is in 2024 verkies tot die organisasie se nuwe voorsitter. Hy is ’n komiteelid van die Rapport-Onderwysfonds en was die vorige voorsitter van die US se Het Jan Marais Fonds en die Afrikaanse Taalraad. Hy het ook twee termyne gedien as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee waar hy ’n mede-opsteller was van die Wes-Kaapse Taalbeleid. Sy navorsingsfokus is leesonderrig, taalbeleide en moedertaalonmderrig.

Michael le Cordeur het talle referate gelewer op internasionale en nasionale vlak en neem gereeld deel aan debatte oor taal en onderwyssake in die media. Hy is die skrywer/ redakteur / medeskrywer van talle handboeke en akademiese artikels oor Afrikaans. Die akademiese tydskrif The Conversation het sy artikel oor die faktore wat ’n impak het op Suid-Afrika se matriekuitslae in Januarie 2024 aangewys as dié tydskrif se top artikel toe dit wêreldwyd deur meer as 70 000 mense gelees is. Van sy bekendste boeke sluit in Die Wellingtonse Klopse (2014, met Marlene le Roux), Ons kom van ver (2016 met Wannie Carstens),  Davy Samaai, Kampioen van die Struggle (2020) en Covid: Krisis en Geleenthede vir die Onderwys (2022). Sy jongste boek Reading for Comprehension verskyn einde 2024 en het ten doel om ’n hulpbron te wees vir lees-onderwysers.

Hy is ’n gereelde rubriekskrywer vir Die Burger, Netwerk24 en The Daily Maverick met meer as 400 meningsartikels op sy kerfstok. Dit het aan hom die toekenning van die US se Media Denkleier in 2018 en 2019 besorg. Hy ontvang in 2014 die Universiteit Stellenbosch se Kanselierstoekenning en in 2020 die Neville Alexander Toekenning vir lewenslange bydrae tot Afrikaans. Dié voormalige skolesport-administrateur en is ook ’n toegewyde kweker van krisante.

ATR vier 10 jaar: ’n Droom bewaarheid

Michael le Cordeur Menings 2018-05-24

"Die kokerboom versinnebeeld die onstuitbare groei, uitreiking en voortgesette ontwikkeling van Afrikaans ten spyte van dikwels ongunstige omstandighede en die harde natuur van die politiek."

Voorstelling van Adam Small tydens onthulling van borsbeeld

Michael le Cordeur Menings 2018-01-18

"Op die Kaapse Vlakte, deur die wynlande van Stellenbosch, tot ver anderkant Wellington se berge, en oor die Karoovlaktes weerklink die verse van Adam Small. ’n Bronsbeeld ter ere van Small, asook hierdie huldigingsbundel deur die Suid-Afrikaanse Akademie, is gepaste erkenning vir ’n man wat lank in sy eie land misken is terwyl hy eintlik sy tyd ver vooruit was. "

Richard van der Ross: politieke aktivis én ‘n gentleman

Michael le Cordeur In memoriam 2017-12-15

"Dicky van der Ross het bewys dat beskaafdheid, passie en goeddeurdagte debatvoering ’n hele nasie kan transformeer. Dit het ’n onuitwisbare merk op my, en ek glo my medestudente, gelaat. Ons kon nie anders as om dieselfde droom te leef nie. Hiervoor sal ek hom altyd onthou."

Kô, lat ons sing! by die Woordfees 2017: ’n resensie

Michael le Cordeur Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-24

"Vir ’n oomblik, net ’n vlietende oomblik was daar ’n klein, skraal man op die verhoog: sy hare skitterwit. Hy glimlag sag en knik sy kop."

Kettinggesprek: Michael le Cordeur gesels met Charlyn Dyers oor Kaaps in fokus

Charlyn Dyers, Michael le Cordeur Skrywersonderhoude 2017-01-17

"Soos een student dit so beeldryk gestel het: 'Toe Prof vir die eerste keer sê dat van die materiaal in Kaaps vertaal is, het ek gevoel hoedat my kop oplig en my skouers breër word.'"

Kettinggesprek: Frank Hendricks gesels met Michael le Cordeur oor Ons kom van vêr

Michael le Cordeur, Frank Hendricks Skrywersonderhoude 2017-01-12

"Vir bruin mense was Afrikaans dus nie net ’n taal van verdrukking nie, maar ook ’n taal van bevryding en vandag ’n taal van versoening."

Kô laat ons sing vi’ Small se Hertzogprys

Michael le Cordeur Menings 2016-09-14

"Dis ʼn straight en diep taal vannie mense
waar hulle in gebore word en eerste kwyl
en dan allie transactions van hulle lewe in beklink ..."

Adam Small: Michael le Cordeur deel spesiale foto's

Michael le Cordeur In memoriam 2016-06-30

"Hy was inderdaad een van die drie grotes. Hy was my mentor."

Adam Small kô hystoe

Michael le Cordeur In memoriam 2016-06-26

"Suid-Afrika en Afrikaans het een van sy grootste seuns verloor. Adam Small is dood. Lank lewe Adam. Lank lewe Afrikaans."

Grepe indrukke van die Afrikaanse Taalraad se Taalberaad op Erfenisdag 2015

Michael le Cordeur Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2015-09-30

"Debra Meyer het genoem dis tyd dat ons, ('diegene wat soos ek lyk', en sy wys met haar vinger na haar bruin vel) ons taal opeis, as ons taal, omdat ons daar was toe Afrikaans nog in sy kinderskoene was."

It is time to listen to the youth

Michael le Cordeur Seminare en essays 2015-09-08

"The youth are actively participating. Expect them to indicate the pace at which we move forward."

Post-Mandeladag: jou 67 taalminute

Michael le Cordeur, Naomi Meyer Onderhoude 2015-07-23

"Maar om ‘n ander se taal aan te leer beklee jou met mag, want nie alleen verstaan jy wat hy praat nie, deur sy taal te verstaan, leer jy ook hoe sy kop werk, en wat sy hartsbegeertes is."

Teaterresensie: Vrou-alleen in die Bôrdienghuis beïndruk

Michael le Cordeur Teater 2015-06-18

"Vrou-alleen is ’n verhaal wat alle mans wat langer as ’n dag getroud is, behoort te sien, maar waarskynlik nooit sal sien nie, omdat hulle te veel van ’n sissie is om die naakte waarheid te aanskou – tensy daardie naakheid in die vorm van die vroulike liggaam is."

Onderwysbeurse slegs vir sprekers van inheemse Afrikatale: Michael le Cordeur reageer

Michael le Cordeur Menings 2015-05-22

"Funza Lushaka-beurse is 'n poging om die speelveld gelyk te maak."

André P Brink: Wat 'n letterkundereus!

Michael le Cordeur 2015-02-16 "Ek het met groot hartseer verneem van die heengaan van André P Brink. Die laaste keer dat ek saam met André Brink kon skouers skuur, was twee maande gelede by die opening van die Soms Delta Museum in Franschhoek."
Top