Mercia Coetzee

Mercia Coetzee (gebore 1959) behaal die grade BA (UNISA, 1985), BBibl (UNISA, 1993), BBibl Honneurs (cum laude, UNISA, 1995), MA Kommunikasiekunde (UV, 2004. Titel: “’n Blik op Inligtingstudie aan die UV”), MA Hoër en Verdere Onderwys (cum laude, UV, 2004. Titel: “An information system for disaster management for southern Africa”), PhD (UV, 2014. Titel: “Directives for the application of social media as computer-mediated communication in South African higher education”) en MA Kreatiewe Skryfkuns (UV, 2023). Coetzee was ’n bibliotekaris (1987–99), ’n lektor in die Departement Kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat (2002–18), en is tans medeprofessor in die Kommunikasiedepartement aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in die Vrystaat, waar sy Afrikaans en Kommunikasiekunde doseer. Haar navorsingsfokus sluit in die “Ierse dagboeke” van Karel Schoeman en, aan die SUT, die gebruik van sosiale media in tersiêre onderwys.

Kleintryn

Mercia Coetzee Fiksie 2025-11-13

"Hy staan versigtig op, steun swaar op sy kierie, omdat dit soms moeiliker is om te verstaan as om te wonder. Hy sal die verstaan in sy eie kop hou, besluit hy, want oor sekere dinge praat mens net met jouself."

Lesersindruk: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp

Mercia Coetzee Lesersindrukke 2025-11-06

"Wat dié boek verder besonders maak, is Steenkamp se knap balans tussen wetenskaplike akkuraatheid en ’n kindervriendelike aanbieding."

Kultuuroorlog teen kommunikasie: Wat ons wil, kan, moet, mag, en nie durf sê nie.

Mercia Coetzee LitNet25-skrywersberaad 2025-08-21

"Die akademie se rol is om uiteenlopende idees met intellektuele eerlikheid én empatie te ondersoek en te bespreek – selfs (en veral) wanneer dit ongemaklik is. Die ware toets van ’n gesonde demokrasie lê nie in die afwesigheid van konflik nie, maar in die vermoë om opbouend en vrylik oplossings vir konflik te vind."

Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025, ’n oorsig

Mercia Coetzee Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-08-06

"As persoonlike menings geld, dink ek vanjaar was die begin van ’n nuwe era vir Suid-Afrikaanse skrywers en kunstenaars. In Nxuba (Cradock) in die Karoo by die Etienne van Heerden Veldsoirée. My dank aan almal wat dit moontlik maak."

Digters, denkers en datamasjiene: Wie se werk is dit?

Mercia Coetzee LitNet25-skrywersberaad 2025-05-15

"Weer eens het ek ChatGPT self genader vir ’n lys van dié KI-tegnologieë wat die meeste, en met die meeste sukses, vir sodanige samewerking gebruik kan word."

Hans du Plessis, ’n huldeblyk

Mercia Coetzee In memoriam 2024-10-31

"Oom Hans se humor is so natuurlik deel van elke gesprek dat dit net ’n plesier was om na hom te luister. In hulle kamer in die hotel het hy ’n bottel wyn uitgehaal en kon ek op die hoek van die bed sit en na hom en tannie Magdaleen se stories luister."

Karel Schoeman, Virginia Woolf and the colours in the "Irish diaries": a comparative investigation

Mercia Coetzee Academic research 2023-10-02

"[F]or writers and emerging writers, the Irish diaries can still serve as a guide in the use of light, colour, and shade to paint scenes and atmosphere using words."

Karel Schoeman, Virginia Woolf en die kleure in die Ierse dagboeke: ’n vergelykende ondersoek

Mercia Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-02

"[V]ir skrywers en opkomende skrywers kan die Ierse dagboeke steeds as gids dien in die gebruik van lig, kleur en skadu om toneel en atmosfeer in ’n roman te skilder."

Mercia Coetzee se ruimtelike blik op Karel Schoeman en Ria Winters

Mercia Coetzee, Melt Myburgh Onderhoude 2023-03-08

"Min ander skrywers motiveer my om paragrawe uit boeke aan my diere voor te lees net omdat dit so ongelooflik geskryf is." Mercia Coetzee gesels oor haar en Henning Pieterse se navorsing oor ruimtelike elemente in die werk van Karel Schoeman en Ria Winters.

An investigation into certain spatial elements in the "Irish diaries" of Karel Schoeman, with the book Reise met Schoeman (Travels with Schoeman) by Ria Winters as background

Mercia Coetzee, Henning Pieterse Academic research 2023-03-01

"How different or similar are the spatial descriptions of the places in Ireland that both Schoeman and Winters visited?"

’n Ondersoek na sekere ruimtelike elemente in die "Ierse dagboeke" van Karel Schoeman, met die boek Reise met Schoeman deur Ria Winters as agtergrond

Mercia Coetzee, Henning Pieterse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-03-01

"Schoeman se ervaring van Killarney, die geboue en die omgewing is moontlik beïnvloed deur sy geestelike reis as leerling-monnik en sy ontdekking van die geskiedenis van Ierland. Winters se soeke was na Schoeman en nie na die land en sy geskiedenis nie."

Top