Persvrystelling: Nuwe Afrikaanse drama open by Baxter
2017-10-13"Die dans van die watermeid speel van 1 tot 25 November in die Baxter Golden Arrow Studio. Die speelvak sal saamval met die tweede Teksmark wat deur Kunste Onbeperk aangebied word met die ondersteuning van NATi en die Baxter-teatersentrum."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Mentje, kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert
2017-10-11LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Mentje, kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
In memoriam: Ryk Hattingh (26 Julie 1957 – 10 Oktober 2017)
2017-10-10"Skrywer en vertaler Zirk van den Berg het NB-Uitgewers vanuit Nieu-Seeland ingelig oor Hattingh se afsterwe vanoggend, 10 Oktober 2017. Hy is oorlede aan ’n hartaanval. Hy laat sy vrou en drie kinders agter."
Wellington-bekendstelling: Die wêreld van Charlie Oeng – 11 Oktober 2017
2017-10-10Die wêreld van Charlie Oeng word Woensdagaand by die Bôrdienghuis op Wellington bekendgestel.
Zuid-Afrikahuis: Programma, November 2017
2017-10-06Die Zuid-Afrikahuis bied in November ’n opwindende program aan, met onder andere filmvertonings en musiekdokumentêre, asook gesprekke oor fotografie, kultuur en gedeelde verledes.
Bekendstelling: Gister is verby deur Juanita Aggenbach
2017-10-06Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Gister is verby op 28 Oktober in Stellenbosch, waar Juanita Aggenbach met Suzette Kotzé-Myburgh in gesprek sal wees.
Aardklop Pronk Podium: Wenners bekend gemaak
2017-10-06Die wenners van Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek, Pronk Podium, is nou bekend. Hierdie projek skep ’n platform vir jong teatermakers.
Persvrystelling: Art Franschhoek 2017
2017-10-05"In 2016 het die vallei Art Franschhoek bekend gestel, ’n viering van fyn kuns waar besoekers die geleentheid gebied word om tydens Oktober en November kuns uit die boonste rakke te aanskou en geniet."
Persvrystelling: Sewe dae by die Silbersteins in Gucci
2017-10-05"Die 54-bladsy foto-essay bring Etienne Leroux se roman Sewe dae by die Silbersteins tot die lewe in ’n unieke ontmoeting van letterkunde en modeontwerp. Beide die Engelse en Afrikaanse weergawes word Vrydag 6 Oktober in Kaapstad bekendgestel."
Laat die spelling van jou taal soos ’n paal bo water staan
2017-10-05"Alle Afrikaanse taalpraktisyns word hartlik uitgenooi om saam met Gerhard van Huyssteen, voorsitter van die Taalkommissie, om ’n tafel te sit en touwys gemaak te word oor die veranderinge in die jongste, omvattende Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS)."
Kennisgewing: Kortkursusse in die Afrikaanse taal- en letterkunde, Universiteit Stellenbosch
2017-10-05"Sekere modules wat deel vorm van die honneursprogram in Afrikaans en Nederlands kan vanaf 2018 as afsonderlike kortkursusse gevolg word."
Kennisgewing: Honneurs in Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch
2017-10-05"Die honneurs in Afrikaans en Nederlands is ’n graadprogram waarin studente opgelei word om hulle te bekwaam vir ’n beroep in die Afrikaansonderwys of ’n loopbaan wat gevorderde kennis van die Afrikaanse taalkunde of Afrikaanse en/of Nederlandse letterkunde verg."
Leeskringe in-en-om Pretoria:
2017-jaarprogramme
2017-10-05
Stel jy belang in die boekbesprekings van leeskringe in die Pretoria-omgewing? Wil jy graag aansluit? Hier is al die inligting en jaarprogramme.
