Join us for the launch Hearty home food
2021-10-06Human and Rousseau and Exclusive Books invite you to join the launch via online webinar of Hearty home food.
Pasverskyn: Freek Robinson: Op die man af deur Freek Robinson
2021-10-06Dié boek verweef die lewe en loopbaan van een van ons land se mees gerespekteerde en geliefde joernaliste en gee ’n besonderse blik op die ingrypende nuusomwentelinge in ons onlangse geskiedenis.
New from Harper Collins: Rise by Siya Kolisi
2021-10-06In an extraordinarily intimate memoir, Kolisi charts his story from being born into the impoverished Zwide township, to leading his proud nation to an astonishing victory at the Rugby World Cup in 2019.
Nuut by Queillerie: Hans bars die bioborrel deur Rudie van Rensburg
2021-10-06Huis Madeliefie staar die staat se vlak 5-inperking in die gesig. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie.
Nuut by Tafelberg: Minder as niks deur Irma Venter
2021-10-06Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.
New from Tafelberg: Native merchants by Phakamisa Ndzamela
2021-10-06This book builds and adds dimension to the picture of black people’s economic participation, taking the narrative from pre-colonial mining and spanning the colonial and apartheid periods, detailing tactics of economic exclusion.
Nuut by Lux Verbi: Israel-reeks, omnibus 2 deur Marzanne Leroux-Van der Boon
2021-10-06Die tweede Libanese oorlog breek uit en Marc word opgeroep. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is.
Kennisgewing: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat, 2022
2021-10-01Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.
Toyota US Woordfees op TV: Daaglikse programskedule
2021-09-30Jy weet nou al die Toyota US Woordfees word vanjaar op DStv-kanaal 150 uitgesaai, maar weet jy wanneer al die items plaasvind? Hier is die programskedule.
Persvrystelling: Die dinge van ’n kind kry ekstra speelvak by Hoërskool Jan van Riebeeck
2021-09-30Die gewilde verhoogstuk Die dinge van ’n kind, gegrond op Marita van der Vyver se trefferroman, word van 13 tot 17 Oktober 2021 by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad opgevoer. Dié speelvak by die skool word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Suidoosterfees en Arena-produksiehuis. Cintaine Schutte speel in die verhoogweergawe, wat deur Francois Toerien verwerk en deur Nicole Holm geregisseer is.
Pasverskyn: Die spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha
2021-09-30Nes sy pa met die goeie hart en sy ma met die stukkende verlede was hy ’n Boesmankind van die Nuwe Tyd waarin inkommers om en oor die Boesmans kom grenspale slaan het.
Persverklaring: SA Akademie betreur Blade Nzimande se uitlatings oor die Afrikaanse taalgemeenskap
2021-09-30Die agbare Minister se bedenklike taalpolitieke uitlatings oor Afrikaans en haar taalgemeenskap laat die SA Akademie met geen ander keuse nie as om sy uitlatings ten sterkste te betreur en ’n dringende beroep op Nzimande te doen om hom van ingeligte taalkundige advies te laat bedien.
Kennisgewing: Taalkommissie se splinternuwe Adviespaneel
2021-09-30Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi jou om deel te word van ’n opwindende inisiatief om ons Taalkommissie te vernuwe.
Eerste slukkie: Renaldo Schwarp se Skeef
2021-09-29"Ek hoop dat hierdie mense se sigbaarheid ander sal inspireer om kasdeure oop te skop. Makliker gesê as gedaan, ek weet."
