
Foto: Jeremiah Pietersen | Pixabay
Die Skool vir Tale en Letterkundes van die Universiteit Kaapstad nooi applikante om aansoek te doen vir ’n permanent aanstelling as dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands. Die aanstelling sal in Januarie 2022 of so gou moontlik daarna in effek tree.
Vereistes:
- ’n PhD in Afrikaanse letterkunde of naby verwante studieveld soos Nederlandse letterkunde
- Ervaring met die onderrig van Afrikaanse letterkundekursusse, of Afrikaanse en Nederlandse letterkundekursusse
- Moedertaalspreker of uitstekende beheersing van Afrikaans of Afrikaans en Nederlands
- Aanduidings van ’n weloorwoë navorsingstrategie
Voordelig:
- Publikasies met vakartikels oor Afrikaanse letterkunde en/of Nederlandse letterkunde sal voordelig wees
- ‘n Bewysbare belangstelling in Kreatiewe Skryfwerk; met gepubliseerde prosa, poësie, dramatekste of kreatiewe nie-fiksie sal ’n beslissende voordeel wees
- Bekendheid met die onderrig van Afrikaans of Afrikaans en Nederlands aan nie-moedertaalsprekers
Verantwoordelikhede
- Onderrig, ontwikkeling en administrasie van voorgraadse en nagraadse kursusse
- Aktiewe bydraes tot die Seksie se navorsingsprojekte
- Aktiewe deelname aan die Skool se navorsingskultuur
- Administratiewe pligte in pas met ervaring
- Die vermoë om in persoon en aanlyn klas te gee, na gelang van wat vereis word
Die 2021 jaarlikse vergoedingspakket, insluitende voordele op dosentevlak, is R765 575
Om aansoek te doen, e-pos asseblief die onderstaande dokumente in ’n enkele PDF-dokument aan Ian Petersen by recruitment02@uct.ac.za
- UK-aansoekvorm (“UCT Application Form”) (laai af by http://forms.uct.ac.za/hr201.doc)
- Dekbrief, en
- Curriculum Vitae (CV)
Maak asb seker dat die titel en verwysingsnommer in die subjekveld van die boodskap aangedui word.
Aansoeke wat nie aan bostaande vereistes voldien nie, sal as onvoltooid beskou word.
Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word en daar mag verwag word dat hulle aan sekere geskiktheidsassesserings voltooi.
Telefoon: 021 650 2163
Webblad: www.humanities.uct.ac.za
Verwysingsnommer: E210368
Sluitingsdatum: 21 November 2021
UK is 'n aangewese werkgewer en is daartoe verbind om uitnemendheid, diversiteit en regstelling na te streef om sy gelykheidsdoelwitte te bereik in ooreenstemming met die gelyke indiensnemingsplan van die Universiteit en sy doelwitte en teikens vir gelyke indiensneming. Kandidate van die onderverteenwoordigde Aangewese Groepe sal voorkeur geniet. Ons gelyke-indiensnemingsbeleid is beskikbaar by www.uct.ac.za/downloads/uct.ac.za/about/policies/eepolicy.pdf.
UCT het die reg om geen aanstelling te maak nie.

