Dienslewering: Hoe lyk jou munisipaliteit?

  • 0

Foto: Sergei Tokmakov | Pixabay

Op elke lamppaal beloof mense jou tans iets, maar hoe lyk jou munisipaliteit werklik? Hoe lyk jou buurt tans?

Wil jy vir LitNet vertel wat aangespreek moet word, of wat werk?

Skryf ’n paragraaf van hoogstens 150 woorde en dring aan op dienste – of verbaas ons lesers met jou omgewing se munisipale suksesse.

Stuur foto’s, die mooi stories en die probleemstories van jóú plek na izak@litnet.co.za. (Ons kan nie plasings op Facebook of die kommentare hieronder gebruik nie.)

Enkele reëls sal geld:

  • Ons sal by elke inskrywing graag jou voornaam en die naam van jou dorp, stad, voorstad of township wil plaas. Sê dus asseblief hoe ons jou in die artikel moet noem. (Naam en van? Net jou naam? Skuilnaam?) As jy dit nie doen nie, sal ons die naam en van wat in jou e-pos verskyn, gebruik.
  • Let wel: As jy mense afneem, wees versigtig. As hulle duidelik herkenbaar is in die voorgrond, moet jy skriftelike toestemming van hulle kry. Jy sal hulle name aan ons moet stuur, al gaan ons die name nie noodwendig plaas nie. Ons behou die reg voor om geen plasing te maak as ons twyfel nie. As hulle nie hulle name genoem wil hê nie, sê asseblief so!
  • Let ook asseblief hierop: Ons sal geen foto's van kinders plaas nie.
  • Foto's moet jou eie wees, of jy moet die fotograaf se naam vermeld en die persoon se e-pos of foonnommer saamgee (geen e-posse of foonnommers sal geplaas word nie). Ons verkies om foto’s te plaas wat nog nie elders verskyn het nie, sosiale media inkluis.
  • Foto's mag nie groter as 5 mb wees nie, maar verkieslik nie kleiner as 50 kb nie.
  • LitNet behou die reg voor om enige inskrywing nie te plaas nie, hoewel ons sal probeer om soveel inskrywings as moontlik van soveel plekke as moontlik te plaas.
  • LitNet behou die reg voor om foto's en tekste voor plasing te redigeer.
  • Kopiereg van foto's en teks bly by die fotograaf/deelnemer en enige foto mag in die toekoms weer deur die fotograaf/deelnemer vir ander doeleindes gebruik word, al word dit op LitNet gepubliseer.
  • Jou teks kan in enige van die landstale wees.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top