Persverklaring: Kunstekaap ’n plek vir almal – begin reeds vroeg
2026-03-04Afrika word beskou as die vasteland met die jongste bevolking ter wêreld. In Suid-Afrika, met ongeveer 12 miljoen kinders van skoolgaande ouderdom, is die holistiese welstand van ons jeug noodsaaklik. Daarom bly Kunstekaap verbind tot die vorming van die toekomstige generasie deur die transformerende krag van teater en die uitvoerende kunste deur middel van ’n weldeurdagte opvoedkundige en jeugprogram.
Wiskunde: Graad 7-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-04As jy in graad 7 is en vir jou Wiskundetoets moet voorberei, gaan Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel en memorandum jou beslis lekker laat voel. Dit bevat lekkergoed-voorbeeld-oefensomme en as jy jou werk daarmee oefen, gaan jy sommer lekker goeie punte in jou toetsreeks behaal.
Wiskunde: Graad 6-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-04As jy in graad 6 is en van krieket hou, sal jy dit geniet om Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel met krieketvoorbeeldsomme uit te werk om vir jou eerste Wiskundetoets vanjaar voor te berei. As jy nie van krieket hou nie, sal jy dit ook geniet om die vraestel uit te werk, want daar is baie meer somme as net somme wat krieketvoorbeelde bevat – en die vraestel en memorandum sal jou help om goeie punte te behaal.
Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-04Is jy in graad 10 en wens jy hier voor jou eerste Wiskundetoets jou lewe was so eenvoudig soos ’n kat s’n? Laai Lee-Ann Langeveld se Wiskundetoets en memorandum gratis in PDF af en leer hoe eenvoudig dit kan wees om algebrasomme te vereenvoudig. Dit sal nie anders kan nie: Jy gaan eenvoudig hierdie kwartaal goeie punte vir Wiskunde behaal!
Persverklaring: Muurskildery laat Afrikaans amptelik 100 voortleef
2026-03-04Afrikaans Amptelik 100 stel nou die muurskildery as ’n gratis aflaaibare PDF-dokument beskikbaar vir belangstellendes. Onderwysers kan dit in die klaskamer gebruik en sodoende gesprekke rondom ons taal se komvandaan stimuleer.
Gewildste plasings op LitNet: 25 Februarie tot 3 Maart 2026
2026-03-04Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 25 Februarie tot 3 Maart 2026.
Oproep om referate: Inter-Breyten – Breytenbach in Konteks
2026-03-03Die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika nooi met graagte voorleggings uit vir ’n tweedaagse konferensie oor Breytenbach in Konteks, wat op 26–27 November 2026 in Gent sal plaasvind.
Laai die volledige KKNK-feesgids hier af!
2026-03-03Die KKNK bied die volledige feesgids gratis aan feesliefhebbers. Klik op die skakel om dit te bekom.
Persverklaring: Waar lig, kuns word
2026-02-26Spier Light Art keer vir die agtste keer terug en omskep die historiese Stellenbosse wynplaas in ’n nagtelike landskap van kontemporêre kuns. Soos die nag daal, gloei, glinster en verskuif kunswerke oor die terrein en nooi besoekers uit om lig as beide medium én betekenis te ervaar.
New from Jonathan Ball: Pillow talk by Nivashni Nair Sukdhev
2026-02-26Pillow talk is the first of a series set in the fictional town of Rally in KwaZulu-Natal from the new queen of South African romance.
Nuut by Human & Rousseau: Die ooggetuie deur Wilna Roux
2026-02-26Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.
Nuut by Human & Rousseau: Die avonture van Helga Roets deur Riaan Grobler
2026-02-26Helga Roets woon al ses jaar by Silwerhare Aftreeoord, maar danksy haar motortjie bly sy bedrywig. Wanneer sy deur die oogarts met makulêre degenerasie gediagnoseer word, is Helga raadop. Dis dan so ’n bedrywige week wat voorlê, twee begrafnisse en ’n troue in die Paarl!
Nuut by Naledi: Doller as kopaf deur William Oosthuizen
2026-02-26Doller as kopaf bied ’n knipoog-kykie na die doen en late van ’n groep afgetredenes in ’n luukse, maar uiters saai, aftreeoord.
Fresh off the press: The wildest beauty by Michiel Heyns
2026-02-26In the midst of the greatest conflict in history, facing the wild beauty of "the abyss of unmeaning", Danny discovers the power of love, between friends, family and even foes.
