Persverklaring: Toyota US Woordfeesdatums vir 2022 bekend
2022-03-15Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees en WOW Projek, het ... gisteraand onder luide toejuiging aangekondig dat ’n fees in die vlees vir 10 tot 15 Oktober vanjaar in die vooruitsig gestel word.
Wen kaartjies na "Eet kreef herleef!"
2022-03-11LitNet, in samewerking met LK Mediabook, gee 2 x 2 kaartjies weg na die vertoning van "Eet kreef herleef!" op 19 Maart 2022 te Stellenbosch.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal, graad 12: vraestel en memo
2022-03-10In graad 12 lê jou toekoms soos hierdie dagboek oop voor jou. Dit wag net vir jou om die volgende hoofstuk te skryf. Behaal sukses met die skryf van jou Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memo deur Dewald Koen om jou met jou voorbereiding te help.
Nuut by LAPA: Poppie Viool en die Swartwoud-arende deur Jan Vermeulen
2022-03-10Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ’n viool wat al lank in die familie is.
Nuut by LAPA: Roet deur Hannes Barnard
2022-03-10Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk. ’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond. ’n Alternatiewe roete. ’n Sexy Duitser. ’n Geniale wetenskaplike. ’n 90’s mix tape. En chaos. Baie chaos.
Nuut by Human & Rousseau: Speurder Kwaaikofski 14: Afbeen en lang vingers deur Jürgen Banscherus
2022-03-10Kwaaikofski lê met ’n gebreekte been in die hospitaal. En boonop besteel ’n dief almal op die kindervloer. Kwaaikofski begin die saak ondersoek – al is sy been in gips.
Nuut by Human & Rousseau: Dagboek van ’n dork 5 deur Rachel Renée Russell
2022-03-10Dagboek van ’n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wêreld gevoel het.
Nuut by Protea: Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson en Axel Scheffler
2022-03-10Op ’n verre planeet ontmoet twee jong ruimtewesens mekaar – en raak dolverlief. Maar Fleur is ’n Smooi en Fanie is ’n Smou.
Nuut by LAPA: Kattemaai 2: Annabel gaan skool toe deur Betsie Vos
2022-03-10Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra?
Nuut by LAPA: Kattemaai 1: Die bure se nuwe dogter deur Betsie Vos
2022-03-10Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het?
Nuut by LAPA: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo – 5-in-1 omnibus deur Henry Ferreira en Alistair Ackermann
2022-03-10Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is.
Nuut by Best Books: Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal in Graad 1 – Werkboek deur Mart Meij en Glaudina Rossouw
2022-03-10Aandag word gegee aan woordeskat wat die kind hardop moet herhaal sodat dat die kind teen die einde van die grondslagfase vlot kan praat en leesstof in Afrikaans kan lees.
Pasverskyn: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan
2022-03-10"Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank ’n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte."
Persverklaring: Vyf nuwe NATi Jong Sterre debuteer as dramaturge by Suidoosterfees 2022
2022-03-09Die Suidoosterfees wat vanjaar van 27 April tot 1 Mei by Kunstekaap in Kaapstad aangebied word, spog met vyf splinternuwe dramas deur jong, opkomende skrywers wat aan die fees se NATi Jong Sterre-ontwikkelingsprojek deelgeneem het.
