Persverklaring: Bespreek nou vir Taalmonument se argiefwerkswinkel | Book now for Taalmonument’s archive workshop

  • 0

Die bekende argivaris Pétria de Vaal bied vanaf 25 tot 27 Mei 2022 weer ’n inleidende, tweetalige argiefwerkswinkel by die Taalmonument in die Paarl aan. Dié gewilde driedagwerkswinkel, wat vanjaar vir die sewende keer aangebied word, is geskik vir bibliotekarisse, museum- en erfenisbeamptes asook dokumentering- en argiefassistente.

De Vaal is ’n gekwalifiseerde argivaris met baie jare se ervaring in die veld van rekordbestuur en argivering. Sy het deur haar werk as raadgewer, navorser, erfenisbeampte, projekleier en afrigter ontdek dat dit noodsaaklik en belangrik vir biblioteke, dokumentasiesentrums, museums en ander verwante dissiplines is om saam te werk en meer te leer oor argivering. 

“Personeel wat nie argivarisopleiding ontvang het nie, word dikwels aan die diep kant ingegooi om na hul organisasies se ongepubliseerde dokumentversamelings om te sien,” sê De Vaal. “Hierdie inleidende driedaagse werkswinkel sal aan alle inligtingsbeamptes die nodige opleiding verskaf; geen voorafkennis word benodig nie.”

Die werkswinkel sluit praktiese sessies in en fokus op onderwerpe soos die verskille tussen biblioteke, argiewe en dokumentasiesentrums; insameling en aanwins; waardebepaling (insluitende die waarde van rekords asook beskikkings-instruksies); sortering en ordening; beskrywing/indeksering; bewaring; rampbestuurplan; en wenke oor die toeganklikheid van argiewe.

Die kursus kos R2 000 per persoon en vind daagliks van 09:00 tot 16:00 in die Konferensielokaal in die Besoekersentrum by die Taalmonument plaas. Besoeke aan die monument asook koffie en tee is ingesluit, maar deelnemers moet sorg vir hul eie middagete of kan die ATM Koffiehuis ondersteun. Vir besonderhede en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ’n e-pos na bemarking2@taalmuseum.co.za.

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument bied jaarliks ’n hele reeks kursusse en werkswinkels aan wat fokus op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede. Vanjaar se program sluit ’n Arabies-Afrikaans-werkswinkel, boekherstelwerk (Oktober) en fotografie (November) in. Voorstelle vir bykomende werkswinkels oor verwante onderwerpe is welkom. 

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Die Taalmonument en Taalmuseum is oop vir besoekers. Jaarpermitte kos R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit.


 

The well-known archivist Pétria de Vaal will again present an introductory, bilingual archiving workshop at the Taalmonument in Paarl from 25 to 27 May 2022. This popular course, presented for the seventh year, is suitable for librarians, museum and heritage workers, records staff and archive assistants.

De Vaal is a qualified archivist with many years of experience in the fields of records management and archives. As a consultant, researcher, heritage worker, project leader and trainer she came across the necessity and importance for libraries, registries (records centres), museums and other related disciplines to work together and to learn more about archiving.

“Staff that are not trained as archivists are often thrown into the deep end to look after their organisations’ unpublished documentary collections,” says De Vaal. “This introductory three-day workshop is designed for all information officers to learn what they need to know in terms of archiving; no previous knowledge is required.

The workshop includes practical sessions and focusses on topics such as the differences between libraries, archives, museums and registries; acquisition and collection; appraisal (including the value of records and disposal instructions); sorting and arrangement; description/indexing; preservation; disaster recovery plan; and tips on making the archives accessible.

The workshop costs R2 000 per person and takes place daily from 09:00 to 16:00 in the Conference Room in the Visitor Centre at the Taalmonument. Visits to the monument as well as tea and coffee are included, but participants must bring their own lunch or can support the ATM Koffiehuis. For details and bookings, contact Jeffrey Pietersen on 021 872 3441 or send an e-mail to bemarking2@taalmuseum.co.za.

The Afrikaans Language Museum and Monument annually presents a whole series of courses and workshops focusing on the development of basic professional skills. This year’s programme includes an Arabic Afrikaans workshop, book repair (October) and photography (November). Anyone interested in related subjects are welcome to make suggestions for additional workshops.

For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument, call 021 872 3441/863 0543, visit taalmonument.co.za or follow them on Facebook. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages on the symbolism of the Taalmonument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution's past, present and future. There are also many resources for school and research projects. The Language Monument and Language Museum are open to visitors. Annual permits are available at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all Full Moon Picnics.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top