WF 2015: Tweede kans vir die blou en groen planeet
2015-05-04Hallo, mense van die planeet Aarde. My naam is Helia. Ek is 160 jaar oud, en is wat julle sal noem ’n tiener. Ek het neonoranje hare en ’n ligte skakering van blou in my vel. Ek weet nie waarom ek dit vir julle moet sê nie, maar in al die biografieë wat ek al gelees het van julle planeet, verduidelik hulle hoe die persoon lyk.
WF 2015: Gisters
2015-05-04Die ritme van my koue voete wat op die metaalplate klap, weergalm in die gang. "Ekskuus ... jammer," sê ek uit gewoonte terwyl ek verby ’n groep van die bemanning wat op die onderste vlak van die Titanic werk, hardloop.
WF 2015: Is ons alleen?
2015-04-29Die eeue-oue vraag: Is ons alleen in die heelal? Ek het die antwoord op ’n baie vreemde tyd en plek gevind.
WF 2015: ’n Gelukkige einde
2015-04-29Ek haat boeke en films. Ek haat die feit dat die goeie persoon altyd wen. Dis ’n leuen en so stereotipies. Ek is een-en-twintig jaar oud, ek is skatryk, besit my eie wêreld, ’n bekende organisasie, en ek kan doen net wat ek wil.
WF 2015: Eksperiment 1987
2015-04-29Ek hardloop. So vinnig as wat my bene my kan dra. Totdat hulle begin brand en my hartklop so hard is dat ek niks anders kan hoor nie, maar ek kan nie stop nie. Hulle kom nog. Ek kan nie nou opgee nie, anders is ek uit.
WF 2015: Wetenskap
2015-04-29Dit kan soveel wonderbaarlike dinge in ons lewe verrig. Dis al wat in my kop aangegaan het toe ek by die Deadalus Moderne Ontwikkelingsprogram aangesluit het.
WF 2015: Reg vir baklei
2015-04-29Ek mis my bed. Ek mis my wiskundeonderwyser, televisie, my selfoon. Dis ongelooflik hoe jy eers besef hoe gelukkig jy was as jy alles verloor het. Ek mis hulle.
WF 2015: Om my toekoms te red
2015-04-29Die verlede. Dis iets waarmee ’n mens nie moet speel nie. Maar wanneer die wêreld om jou val en jou enigste alternatief die dood is, dan waag jy dit om waaghalsige dinge te doen.
WF 2015: 'n Regte glimlag
2015-04-28Elke spesie het ’n swak punt. Die rede vir sy probleme. En die mens, wel, ’n mens is nie anders nie. In die jaar 2051 het navorsers bewys dat ons mense baie beter sou funksioneer sonder ons grootste swak punt: emosie.
WF 2015: ’n Nuwe begin
2015-04-28Ek is in die verkeerde era gebore. Dit besluit ek finaal terwyl ek staar na die wit mure wat my omsluit. “Mejuffrou van Jaarsveld.” Ek spring verskrik op toe ek my naam hoor. “Dankie, Jaco!” Ek is uit die tronksel nog voor die deur al heeltemal oop is.
