die laaste Afrikaanse bloggedig
2014-10-30 "uiteindelik het die sogenaamde gedig soos gebroke gerubsvlerke gelyk"Lekeverse in Afrikaans, as aanbrandsels
2014-10-30 "skuur die gedugte bundel deeglik blink met staalwolwoorde"uit die bouval van 'n koue kuberkombuis
2014-03-04 "êrens op die skrootwerf van die wêreldwye web,ingebed in silwerskoon laserskywe en in nanostokkies,
in die kunsmatige kwantums van geheue, is die geskrapte
blogplasings in spasies gerugsteun en vir ewig ingeëts"
Gelatiengedagtes
2014-02-19 "een stil aandtussen twaalf en een
het ons mekaar meteens verloor
in die twitterende gesigboek
van die wêreldwye web"
gekraakte kompertaal (laymen living in the matrix)
2014-02-19 "onvrugbare magneetvelde versmelt uiteindelikin gestolde vloeibare kristalle wat kortsluitend
in liglose tonnels versplinter."
verregaande
2014-02-19 "ongedissiplineerde programmeerders fabriseer sagteware met ingeboude selfdekonstruksies.rugsteundata word verloor as Trojaanse perde horings kry op herskryfbare hardeskywe."
Pla gi aat
2014-02-19 wat is die skrale kansdat enige woordkuns
oorspronklik sou wees,
as die vry vertaling uit die kop
onherkenbaar omgedop
uitgeskop opduik uit die niet
van die wêreldwye web
se diepste ontroosbare
verdriet?