Haikoe-kompetisie: Vier seisoene haikoes deur Izak van Rensburg

  • 0

Somer son en blom
groen velde verkleur
die berge blou soos lug

Herfsblare dartelend bruin
gedroogde vrugte uitgebrand
ontklee in tuine tussen takke

Winter spierwit getooi
vaal grasvelde sug swaar
kraakvars in swartryp geslyp

Lentebloeisels bot so groen
en geel en rooi die lou reën lek
aan die maan se sagte wang

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top