Die laaste keer
wie sou ooit kon dink
dat dit die laaste keer sou wees,
wat jy vroegdag vir ons koffie
in die bed sou skink
wie sou ooit kon weet
dat dit die laaste keer sou wees,
wat jy van die vars tuisgebakte
anysbeskuit sou eet
wie sou ooit kon raai
dat dit die laaste keer sou wees,
wat ons die middag saam
vleis sou braai
wie sou ooit kon verwag
dat dit die laaste keer sou wees,
wat ons so saam sou skater
van die lag
wie sou ooit kon besef
dat dit die laaste keer sou wees,
wat die voorsienigheid ons so
kliphard sou tref...
(die heel laaste maal): as koor tussen die vyf verse
![]() |



