verregaande

  • 0

defamasie rym so mooi ritmies met defekasie.

ateïstiese blogtrolle ontlas onder atrofiese brûe in troebel waters.

satanistiese skoorsoekers stook onmin in die geledere van kletskamer-afgedwaaldes.

ongedissiplineerde programmeerders fabriseer sagteware met ingeboude selfdekonstruksies.

rugsteundata word verloor as Trojaanse perde horings kry op herskryfbare hardeskywe.

internetwolke word besoedel met virus-replikasies in blindelings aangestuurde e-posse.

wurms wriemel in geheuestokkies wat oksideer in ultravioletligte teen kaal kantoorplafonne.

die wêreldwye web skeur in die stroomversnellings onder die lamlendige hangbrûe

waaronder die uitgeslape suurgat e-trolle ongestoord sit en defekeer.

(Daar is sterk aanduidings dat rekenaarvirusprogrammeerders en antirekenaar- virusprogramskrywers uit presies dieselfde trog hul inkomste opslurp. Waarom word eersgenoemdes nooit vasgetrek en ontbloot en tot behoorlike boetedoening gevonnis nie?)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top