Haikoe-kompetisie: 3 winternaghaikoes deur Izak van Rensburg

  • 0

die nag blaf swarthond
met skerp verwytende byte
in die vaal besoedelde lug

die sterre spat yskristal
uit die dowwe melkweg
se fyn gebreekte glas

’n sneeukombers hang
warm om die krom skouers
van kleinkop Maluti's

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top