Lekeverse in Afrikaans, as aanbrandsels

  • 0

Lekeverse in Afrikaans,
as aanbrandsels.

krap die troebel verse uit die swart platboompot,
terwyl dit nog effens kwylend warm en redigeerbaar is.
skuur die gedugte bundel deeglik blink met staalwolwoorde
wat soos silwer kreukelpapier in die dowwe lamplig ritsel.
draai dan die brose gedig toe in vrolike kerspapier en stuur dit
so ongepoets op ’n klam slakspoor vir Human en Rosseau,
die allerewige verdoemenis in...

 

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top