
[koeskoes-haikoes]
bloedbesmeerde sonstoepe,
oopgekloofde opstalbewoners
in potsierlike plaasmoorde
afgebrande lokasiekaias
werklose verlore masbiekers,
in verslete plakkerskampe
uitgediende goudmyne,
opgekapte ysterklipgruisgroewe,
verlate blikkieskosfabrieke
die slaggatpad wat ons stap
loop verby stukkende begraafplase
en deur verstopte rioolwerke
die kurrupte kortpad na nêrens
deur Donker Afrika loop dood
in mensgemaakte armsaligheid


