Irene Schoonwinkel

Irene is ’n vryskutvertaler vir ’n opvoedkundige onderneming genaamd Learning Lab Apps. Haar werk behels die vertaling van aanlyn akademiese oefeninge van Engels na Afrikaans - hoofsaaklik vir Graad 4 - 10 leerlinge.
 
As ’n voornemende Afrikaanse fantasieskrywer, oefen sy ook haar skryfvaardighede deur resensies en artikels te skryf wat op haar blog, www.frameofmind.co.za, gevind kan word.
 
Haar blog is ’n platform toegewy aan die waardering van kuns en die denke van die kunstenaar. Dit dien as ’n tipe huldeblyk aan die hoop, insig en kleur wat kuns en kunstenaars in ons alledaagse lewens bring.

Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-10-19

"Ten spyte van my kritiek, was die roman ’n lekker tydverdryf gewees. Dit het die potensiaal om genot aan vele ander lesers te verskaf."

Shaka rising deur Luke W Molver en Mason O’Connor: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-10-18

"Die roman is met ander woorde nie net ’n poging om die publiek en jeug oor die Afrika-geskiedenis te onderrig nie, maar dit wil hulle ook oor die Zoeloe-kultuur inlig."

Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-09-04

"Die storie van die roman handel oor ’n hele paar sensitiewe en moeisame temas. Breytenbach het dit egter reggekry om op ’n elegante en eerlike manier oor hierdie temas te skryf, wat reg aan die verskeie temas laat geskied."

Kringloop deur Bets Smith: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-08-10

"Bets Smith se roman was lekker om te lees. Dit neem onverwagse draaie en Smith hou die leser goed in die duister oor wie die ontvoerder is."

Die vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-06-05

"In die geheel is Vermeulen se roman ’n baie goeie speurverhaal wat sy lesers elegant na die antwoorde toe lei, maar wat terselfdertyd ook die leser míslei. Die roman bevat ook ’n universele boodskap van hoe monsters in die samelewing gekweek word en ongesiens kan rondloop."

Die Groenkloof-Rabies – Vyf reise deur Johan Krige: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-04-24

"Dit is ’n pragtige versameling wat bydra tot die bewaring van beide geskiedkundige gebeurtenisse en kultuurelemente. Dit laat ’n mens wonder oor jou eie erfenis en die bewaring daarvan."

Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2018-03-20

"Alhoewel elke vrou haar eie soort voorbeeld vir die gemeenskap is, het al twaalf van hulle die brandende begeerte om hoop terug in die gemeenskap van Atlantis te ploeg. ’n Gemeenskap waaraan hulle geheg is."

Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-02-07

"Du Plessis se roman is met ander woorde ’n hartseer en swaar uitbeelding van ’n harde en genadelose wêreld, maar terselfdertyd ’n pragtige uitbeelding van hoe arm mense mekaar in moeilike tye ondersteun."

Maria se armoire deur Johan en Ode Krige: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-01-03

"Maria se armoire is ’n boek wat uitbeeld hoe die samelewing met die jare verander het. Families en gesinne wat kleiner word, doopname wat hul waarde verloor, erfgoed wat agtergelaat word weens die kleiner leefareas van vandag se lewe."

Top