Heilna du Plooy

Heilna du Plooy het voorgraads aan die PU vir CHO (nou NWU) studeer, en nagraads aan UP en die PU vir CHO. Sy het aan UP en Unisa doseer en was daarna vir 30 jaar aan die PU vir CHO en die NWU verbonde, waar sy as professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en literatuurwetenskap afgetree het. Reeds vanaf haar MA-verhandeling (UP, 1982) en proefskrif gepubliseer as Verhaalteorie in die twintigste eeu (Butterworth, 1986), is haar primêre teoretiese navorsingsfokus die narratologie, sowel die historiese ontwikkeling as die kontemporêre teorieë van die postklassieke narratologie. Sy is tans buitengewone professor en senior navorser in die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in Skool vir Tale aan NWU in Potchefstroom. Sy is die skrywer van ongeveer 120 akademiese artikels en hoofstukke in boeke. Sy skryf kortverhale, en het vier digbundels en een roman gepubliseer. Sy vertaal poësie en skilder uit liefde vir lyn, vorm en kleur.

 

Sulamiet deur Lina Spies, ’n resensie

Heilna du Plooy Resensies 2017-03-06

"Lina Spies se poësie was nog altyd belydend en meditatief; dit was nog altyd persoonlik gekleur en mild verwoord; dit is poësie van ’n sagte stem, van inlewing meer as deklarasie, van nadenke en vraagstelling meer as van ontmaskering en geveg."

LitNet Akademies-resensie-essay: 1795 deur Dan Sleigh

Heilna du Plooy Resensies 2016-09-21

"Dit is ’n ryk roman wat eintlik 'in mondjesmaat' gelees moet word om die fyn afwerking van besonderhede en formulering tot sy reg te laat kom."

'n Resensie van Palindroom/Koesnaatjies met verwysing na Umberto Eco

Heilna du Plooy Argief 2016-02-22

"Toe sy [Umberto Eco se] uitgewers vir hom gesê het dat lesers nie maklik verder as die eerste 100 bladsye van The name of the Rose gaan lees nie, was sy antwoord: 'Die lesers wat wel verder as 100 bladsye lees, is die lesers wat ek vir my boek wil hê.'"

TT Cloete (31-05-24 – 29-07-15)

Heilna du Plooy In memoriam 2015-08-04

"Met die afsterwe van TT Cloete staan daar inderdaad ’n unieke biblioteek in ligte laaie."

Huldeblyk: TT Cloete

Heilna du Plooy PEN Afrikaans 2015-07-30

"Tog gaan dit nie net om wat 'n mens doen nie, maar juis en veral oor hoe jy dit doen. Dit is dan ook vir die kwaliteit, die styl en die aard van sy werk en lewe wat TT Cloete onthou sal word."

Om gister te lees

Heilna du Plooy Seminare en essays 2015-07-22

"Ons kan daarvan nie wegkom dat ’n geweldig groot persentasie van alle menslike standpunte met verloop van tyd verkeerd bewys word nie. As dit nie so was nie, sou daar geen verandering plaasgevind het nie."

Die onderrig van klassieke literêre tekste en die skoolkurrikulum

Carine Janse van Rensburg, Heilna du Plooy, Eep Francken, Joan Hambidge, Michael le Cordeur, Henning Pieterse, Lina Spies, Helize van Vuuren, Danie van Wyk 2014-11-14 Het die onderrig van klassieke literêre tekste nog plek in die skoolkurrikulum? ’n Paar kenners gee hul mening.

Die beeld is duursamer as die begrip

Heilna du Plooy LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-06-17

Hierdie artikel het ten doel om die poëtiese nalatenskap van N.P. Van Wyk Louw en die oorlewingsvermoë, dit wil sê die duursaamheid, van die poësie te ondersoek na aanleiding van resensies en studies oor Louw se werk wat berus op die interpretasie en intellektuele verstaan of begrip van die tekste.

LitNet Akademies: Tematiese fisionomie en die waardering van kuns - Heilna du Plooy lewer kommentaar

Heilna du Plooy, Heilna du Plooy 2011-08-17 Heilna du Plooy reageer op die artikel “Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bertha Spies. Die onvermydelike bestanddeel ...

LitNet Akademies: Tematiese fisionomie en die waardering van kuns - Heilna du Plooy lewer kommentaar

Heilna du Plooy, Heilna du Plooy 2011-08-17 Heilna du Plooy reageer op die artikel “Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bertha Spies. Die onvermydelike bestanddeel ...

Louise Viljoen se Ons ongehoorde soort boeiend en stimulerend

Heilna du Plooy Academic research 2009-11-25 Ons ongehoorde soort Louise Viljoen SUN PReSS, Stellenbosch Sagteband 240 bladsye R175 ISBN: 9781920109981 Louise Viljoen is nie net ’n erkende en gerekende akademikus nie, sy word ook allerweë beskou as ’n kenner van die poësie in die algemeen en van die werk van Antjie Krog in besonder. Sy is bekend as iemand wat goed […]

Die energie en die chaos van die lewe treffend vervat in PG du Plessis se Fees van die ongenooides

Heilna du Plooy Resensies 2009-04-15

Fees van die ongenooides handel in hoofsaak oor die wel en wee van 'n uitgebreide Vrystaatste familie, die Van Wyks, tydens die Anglo-Boereoorlog.

Tema van verlies met seismografiese keurigheid vasgelê in Hambidge se Palindroom/Koesnaatjies

Heilna du Plooy 2008-07-22 Joan Hambidge se jongste boek kan van weerskante benader word. Die voorste en agterste buiteblad van die boek dra dieselfde ontwerp asook dieselfde onderskrif: "Met hierdie teks word die Januskop van Joan Hambidge gedemonstreer: enersyds parodies ...
Top