Gert van Jaarsveld

GJ (Jarries) van Jaarsveld was vanaf 1974 verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat as dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands en het in 1998 uitgetree as professor in die Afrikaanse taalkunde. Sy belangstellings was hoofsaaklik die semantiek en pragmatiek, waaroor hy ook handboeke en artikels gepubliseer het en as studieleier en promotor opgetree het vir talle MA-verhandelinge en proefskrifte. In 1982 doen hy navorsing by die Instituut vir Algemene Taalwetenschap in Amsterdam en lewer ook in 1987 en 1995 lesings op internasionale kongresse. Hy skryf ook koerantartikels en stories, romans sowel as kortverhale, en populêre artikels oor die gebruik van Afrikaans wat hoofsaaklik in Die gratis storietydskrif verskyn, waarvan hy die redakteur is.

Wat beteken die "nosel" van "onnosel"?

Gert van Jaarsveld Menings 2026-01-29

"Semanties gesien is on- baie interessant. Alhoewel dit meestal geparafraseer kan word met nie, werk dit nie so in onnosel nie. Die on- in onnosel beteken nie 'nie' nie."

Ek is in my moer!

Gert van Jaarsveld Menings 2025-09-22

"Daar is min uitdrukkings so vrugbaar en emosioneel gelaai soos sekere gebruike van moer."

Verskoon my!

Gert van Jaarsveld Menings 2025-06-19

"Het u al opgelet: Hoe groter die oortreding is, hoe kleiner die verskoning."

Rituele in Afrikaans?

Gert van Jaarsveld Menings 2025-05-08

"Alle Afrikaanssprekendes wat met mekaar kommunikeer, gebruik gespreksrituele. Een daarvan is die groetritueel. Kom ons kyk bietjie hierna."

Verdomp, ek wonder oor ver-

Gert van Jaarsveld Menings 2025-02-19

"Ek dink hier moet ons maar volstaan met wat in een etimologiese woordeboek aangedui word as een van die funksies van ver-, naamlik dat dit geen betekenis byvoeg nie, maar die grondvorm versterk en benadruk. Die naaste wat ek aan verdomp kon uitvind, is die Nederlandse verdomme (godverdomme). Waar die p in Afrikaans vandaan kom, weet ek verbrands nie."

Van sout in die wonde tot bloedlating: Enkele funksies van chirurgyns op VOC-skepe

Gert van Jaarsveld Seminare en essays 2024-08-14

"In 1595 vaar die eerste vloot van vier Nederlandse skepe om die Kaap na die Ooste. Die vaart om Bantam te bereik duur 15 maande. Ná drie jaar keer die vloot terug met net genoeg peper om die onkoste te dek. Slegs 87 uit 249 bemanning keer lewendig terug. Hulle moes een van die skepe gewoon agterlaat omdat daar nie genoeg bemanning oorgebly het nie. Wat het die groot tol aan bemanning geëis?"

Oor lieftallig en reikhalsend en ander snaakse samevoegings in die Afrikaanse woordeskat

Gert van Jaarsveld Menings 2023-11-13

"Baie van die woorde is oorgeërf en die samestelling of dele daarvan het mettertyd semanties ondeursigtig geraak. Dit kom deurdat ’n vorm met ’n bepaalde betekenis deur die loop van die jare verdwyn, daar soms vormverandering plaasvind, asook betekenisverskuiwing."

Die virus, die king, "Die Stem" en die sonkoning

Gert van Jaarsveld Seminare en essays 2023-07-26

"Die Britse kroon is 31,5 cm hoog en weeg 1,06 kg. Die raam is van goud, silwer en platinum en is verder versier met 2 868 diamante, 273 pêrels, 17 saffiere, 11 smaragde en vyf robyne. Die 317,4 karaat-Cullinan II is voor en in die middel van die fabelagtige kroon gemonteer. Die Cullinan I, of “Great Star of Africa”, is 530,2 karaat en is aan die bokant van die koninklike staf gemonteer."

Republiek Natalia en Voortrekkerafrikaans 2

Gert van Jaarsveld Seminare en essays 2023-05-24

"Die doel van die projek is om die geskrifte van die land wat die Voortrekkers in besit geneem het en waarvan noukeurig boek gehou is, te ontsluit, te transkribeer en vir ondersoekers digitaal beskikbaar te stel."

Republiek Natalia en Voortrekkerafrikaans

Gert van Jaarsveld Seminare en essays 2023-01-17

Gert van Jaarsveld vertel van die interessante taalkundige verskynsels wat hy opgetel het tydens sy werk aan dokumente van die vroeë Nederlandse immigrante-Boere in die Republiek Natalia.

Top