Etienne Viviers

Etienne Viviers is ’n nadoktorale genoot by NWU Skool vir Musiek se MASARA-nisentiteit. Sy doktorale studie is in 2016 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Benewens hierdie musikologiese studies is Etienne ook aan die Universiteit van Pretoria as ’n klassieke sanger opgelei. Sy navorsing fokus dikwels op manifesterings van utopie en daarmee gepaardgaande oorlewingsangs in Suid-Afrikaanse musiek en musikale diskoers. In hierdie opsig stel hy intens belang in Suid-Afrika se moeilike geskiedenis. Andersins is hy ook geïnteresseerd in musikale uitvoeringspraktyk en in die bewerings omtrent outentisiteit en getrouheid aan oorspronklike bedoeling wat dikwels deel van musiek se vertolking uitmaak. 

Musiek in die tyd van COVID-19: ’n onderhoud met Etienne Viviers

Naomi Meyer, Etienne Viviers Onderhoude 2020-06-24

"Ek sou wou hê dat Suid-Afrikaanse orkeste baie minder van die monumentale Romantiese-tydperk-musiek speel wat in aard vergelykbaar met ’n Cecil John Rhodes-standbeeld is. In hierdie opsig is dit net ’n tekort aan verbeelding wat verhoed dat die musiek van townshipmusikante ook deur orkeste gespeel word."

A critical consideration of Winfried Lüdemann’s theorisation about a musical dialogue of reconciliation 

Etienne Viviers Academic research 2020-05-25

"With his theorisation about a musical dialogue of reconciliation, Lüdemann formulates a methodology – or even a blueprint – of social cohesion that propagates the organised protection of post-apartheid South Africa’s music-cultural diversity."

’n Kritiese beskouing van Winfried Lüdemann se teoretisering oor ’n musikale versoeningsdialoog

Etienne Viviers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-05-25

"Gevolglik konsentreer hy daarop om ’n metodologie (of selfs ’n bloudruk) te ontwikkel wat die handhawing en eerbiediging van ’n diverse kultuurlandskap kan aanmoedig en ondersteun, sodat – ten minste waar musiek ter sprake is – Suid-Afrika se kulture in harmoniese en vredeliewende naasbestaan kan leef."

''Die Land'', Steve Hofmeyr en die grondhervormingsdebat

Etienne Viviers Seminare en essays 2019-05-07

"Na my mening is MultiChoice se besluit rakende Hofmeyr en die Ghoemas kommerwekkend."

Relinquishment of Werktreue in Richard Taruskin’s essay “Setting limits”

Etienne Viviers Academic research 2018-10-18

"According to them, certain interpretations of texts will surely always be preposterous, while others will easily fall within the limits of possible interpretative solutions."

Afstanddoening van werksgetrouheid in Richard Taruskin se essay “Setting limits”

Etienne Viviers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-10-18

"Daar is ruimte vir die 'oorspronklike' werke van komponiste soos Beethoven binne hedendaagse konsertpraktyk, net soveel as wat daar ruimte vir plaaslike vernuwing in ’n opera soos Fidelio is. Hier verlang mens egter soms meer as om slegs daardie oorspronklike werk op Robbeneiland of in die Kasteel de Goede Hoop uit te voer ..."

On record deur Schalk van der Merwe: ’n resensie

Etienne Viviers Resensies 2017-09-26

"Schalk van der Merwe het ’n fassinerende boek oor populêre Afrikaanse musiek gepubliseer."

Musiek en dekolonisering: Mareli Stolp gesels met Etienne Viviers

Etienne Viviers, Mareli Stolp Onderhoude 2017-09-14

"Die tyd sal waarskynlik kom dat die argument gemaak word dat Westerse kunsmusiek nie in Suid-Afrika gespeel behoort te word nie, omdat dit verteenwoordigend van kolonialisme is."

Considerations for the decolonisation of the related music types of Western and South African art music

Etienne Viviers Academic research 2017-08-08

"My argument then is that any universal outlook on the relevance of specifically Western art music is incompatible with any attempts towards decolonisation, and that this music cannot shed its Eurocentricity without being defended against extinction long before it has undergone any kind of metamorphosis towards decolonisation."

Oorwegings vir die dekolonisering van die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek

Etienne Viviers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-08

"Die ideologie van dekolonisering sal vorentoe nog strawwer druk op die ewewig van ons universiteite, skole en breër samelewing uitoefen as wat die 'nuwe' Suid-Afrika se ideale van versoening en transformasie nog ooit gedoen het."

’n Gesprek oor Suid-Afrikaanse opera: Etienne Viviers gesels met Mareli Stolp

Etienne Viviers, Mareli Stolp Onderhoude 2016-04-21

"Ek glo nie in slegs ’n enkele idee van wat 'Afrika', 'Afrikamusiek' of 'Afrikaïese musiekpraktyke' is nie – elke individuele kunstenaar moet self besluit hoe hulle gaan woeker met die land waarin hul bly, hoe hulle gaan omgaan met die ongelooflik ryk materiaal wat hul omgewing hul bied, hoe hulle gaan skep."

Liefde, politieke broederskap en die verbintenisse van verwerking: Alan Paton se Cry, the beloved country

Etienne Viviers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-01-31

Hierdie artikel ondersoek biografiese, intellektuele en geskiedkundige koppelings tussen die roman Cry, the beloved country en twee verbandhoudende verwerkings daarvan in die tydperk onmiddellik ná die roman se publikasie. Aandag word gegee aan die historiese en sosiale kontekste waarin die roman, musiekblyspel (Lost in the stars) en rolprent bekend geword het.

Notas oor "zef"

Etienne Viviers 2012-11-02

"Die onlangse bohaai oor Die Antwoord se “Fatty Boom Boom”-musiekvideo het sekere gedagtes rondom die estetika van zef by my aangewakker."

'n Power salute vir Pussy Riot

Etienne Viviers 2012-08-28 "Een van die kernidees agter punk is om genoeg van ’n lawaai te maak dat inbreuk gemaak word op die alledaagse manier waarop mense die wêreld rondom hulle ervaar in terme van klank."

Bêre eerder die volksliedere

Etienne Viviers 2012-06-29 Etienne Viviers sê: "Skaf die volksliedere af!"
Top