Etienne Viviers

Etienne Viviers is ’n nadoktorale genoot by NWU Skool vir Musiek se MASARA-nisentiteit. Sy doktorale studie is in 2016 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Benewens hierdie musikologiese studies is Etienne ook aan die Universiteit van Pretoria as ’n klassieke sanger opgelei. Sy navorsing fokus dikwels op manifesterings van utopie en daarmee gepaardgaande oorlewingsangs in Suid-Afrikaanse musiek en musikale diskoers. In hierdie opsig stel hy intens belang in Suid-Afrika se moeilike geskiedenis. Andersins is hy ook geïnteresseerd in musikale uitvoeringspraktyk en in die bewerings omtrent outentisiteit en getrouheid aan oorspronklike bedoeling wat dikwels deel van musiek se vertolking uitmaak. 

LitNet Akademies: Lang Lang en die illusie van omstredenheid

Etienne Viviers 2012-05-16 Na aanleiding van Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses" gee Etienne Viviers sy mening oor Lang Lang se kreatiewe interpretasies van klassieke werke.

LitNet Akademies-resensie-essay: Tyd om Boere-Arkadië te groet?

Etienne Viviers 2012-05-09 Etienne Viviers bespreek Steve Hofmeyr se boek Die verste uur in hierdie resensie-essay.
Top