Annalize Marx Hills

Annalize Hills is doof. Haar pad om hierdie gehoorgebrek te oorkom, het sy beskryf in haar boek, Om te kan hoor
Annalize het op 'n plaas naby Burgersdorp in die Oos-Kaap, grootgeword. Sy het haar skoolloopbaan in Pretoria voltooi. Haar passie is om soveel moontlik boeke te lees, veral in Afrikaans.

Samevatting van ’n Paastrilogie deur Jopie Coetzee as lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2026-02-10

"Hierdie drie werke, alhoewel fiktief, is geanker in die Skrif en binne die grense van alles wat heilig en dierbaar vir gelowiges is."

Nuut, alles nuut deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2026-02-04

"Nuut, alles nuut neem die leser op ’n tweeledige reis deur die Pase. Eerstens is daar ’n nuutskepping in die Afrikaanse digkuns, ’n heptalogie – sewe gedigte van sewe strofes elk – oor dié wat self daar teenwoordig was se emosionele belewenis van die woorde van óf die profete, óf engele, óf Jesus self."

Judas Iskariot se ouers deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2026-01-21

"Jopie Coetzee het hom oortref met hierdie drama, Judas Iskariot se ouers. Sy karakters is innemend en absoluut geloofwaardig. Die dialoog en uitbeelding van elke toneel is manjifiek geskryf."

Waar bloed kruip deur Kobus Breyl: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-08-26

"Dit is duidelik dat Kobus Breyl met indrukwekkende outoriteit skryf en deeglik bekend is met sy onderwerp. Gegewe sy agtergrond en ondervinding in die regspraktyk, neem hy die leser op ’n reis van ’n diggeweefde moord- en speurverhaal."

Die waarheid lê in Niemandsland deur Erika Dykes: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-08-05

"Hierdie verhaal is in detail geskryf – verwoesting, die lewe in ’n konsentrasiekamp, die dood van kinders en interessante geskiedkundige feite."

As stilte praat deur Kobie Lötter: ’n Lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-07-01

"Stilte is vir Kobie niks vreemds nie. Tydens sy kinderjare op ’n Vrystaatse plaas waar hy grootgeword het, het hy geleer om ingestem te luister."

Vlug van gister deur Jan Bonthuys: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-03-25

"Bonthuys neem die leser op ’n empatiese wyse op reis met ’n vernielde vrou wat haar weg na ’n veilige plek soek."

Dinosourus, ’n docket en die dood deur Bernadette Small: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-10-02

"Hierdie boek wek verskillende emosies by die leser; ’n diep hartseer oor die trauma waardeur Bernadette moes gaan. Ek het selfs woede ervaar deur die skokkende realiteit van ons onbevoegde polisiemag se onvermoë en kennis om hierdie saak behoorlik te ondersoek."

Die duiwel is in die detail deur Marizka Coetzer, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-08-28

"Marizka het met oop oë in hierdie verhouding ingestap, min wetend hoe toksies dit sou wees."

A good thriller: a reader’s impression of Heir to the Fourth Reich by Di Mier

Annalize Marx Hills Books and writers 2023-08-02

"This fast-paced dystopian thriller, written by Di Mier, is fiction – not all events are based on reality. However, it is written in such a clever way, and some facts are so close to reality, that it all seems true."

Kanaän deur Barend Vos: ’n boekresensie

Annalize Marx Hills Resensies 2023-04-17

"In hierdie boek daag Vos die leser uit om dieper as die oppervlak te kyk. Die hart van hierdie boek is die verhaal van gewone mense met hulle eie drome, twyfel en begeertes."

Aangeraak in die maalstroom van die Paasgebeure deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-03-02

"Elkeen van hierdie 42 verhale staan op sy eie, maar vorm saam ’n geheel as roman. Wat opvallend is, is hoe die skrywer in al hierdie verhale met slim taktiek en fyn nuanses die leser lok om dieper te lees, dieper na te dink en emosies te ervaar asof die leser self dáár was."

Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster: persoonlike herinneringe en foto’s

Annalize Marx Hills, Johan Allers Boeke en skrywers 2022-09-29

Chris Vorster se boek oor Franz Marx, Uit die perd se bek, word op 12 Oktober 11:00 by die Toyota US Woordfees bekendgestel. Die item heet “Die private Franz Marx”. Annalize Marx Hills, ’n familielid van Marx, deel met die familie en familievriend se toestemming haar eie en hulle persoonlike herinneringe aan die mens Franz Marx.

Nog stories teen my muur deur Matthys Strydom: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2021-12-22

"Nog stories teen my muur is ’n mengelmoesķardoesboek wat ’n waardevolle bydrae tot die geskiedenis en die wêrelde van kuns bied."

Top