Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
3 Desember
’n Onthutsende konkoksie
Francois Bekker resenseer Soos ’n diep waterkuil deur Peet Venter
’n Lens wat uit ’n bril breek
Joan Hambidge resenseer Vier en veertig, agtien deur Peet van Aardt
4 Desember
10 Desember
Meyer ’n moet vir Kerskous
Francois Bekker oor Prooi deur Deon Meyer
’n Boek van ontstemmenis
Joan Hambidge resenseer Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach
Die verrassing van die jaar
Willie Burger oor Die dao van Daan van der Walt
’n Nuwe bries in Afrikaans
Jean Meiring oor Stof deur Alettie van den Heever
11 Desember
22 Desember
Die taal van been op RSG voorgelees
24 Desember
Geskenke vir die geringstes
’n Kersverhaal deur Abraham H de Vries
31 Desember
Aan die rondheid en volheid van die wiel
’n Boekevat-rubriek deur Jean Meiring
Liefde wat die leegte wen
Jackie Nagtegaal resenseer Less deur Andrew Sean Greer
Die ‘vergete man’
Gert van der Westhuizen bespreek Louis Botha: A Man Apart deur Richard Steyn
Van Pretoria tot Provence
Clari Niemand resenseer Retoer deur Marita van der Vyver
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Desember die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
4 Desember
- My Aksie-Storiebybel deur Catherine de Vries
- 100 Bybelstories vir kinders
- Die groot storie deur Schalk Holloway, Tienie Wyngaard en Werner Straus
- God se groot plan vir my deur Rick Warren
11 Desember
Leonie van Rensburg bespreek topverkopers van die jaar en gee geskenkwenke vir die Kerskous.
Fiksie:
- Die ou vrou en die priester deur Cecile Cilliers
- Losprys deur Martin Steyn
- Stormkind deur Riana Scheepers
- Kainsmerk deur Annelie Botes
- Uit die bloute deur Chanette Paul
- Ys deur Rudie van Rensburg
- Sondag deur Irma Venter
- Selma en Louise deur Susan Coetzer
- Kantelpunt deur Sophia Kapp
- Prooi deur Deon Meyer
Kinder- en jeugboeke
- 101 lawwe grappe deur Jaco Jacobs
- Die groot boek van spoke en grille deur Fanie Viljoen
- Dierestories
- Die mooiste klassieke sprokies, saamgestel deur Stefania Leonardi Hartley
Niefiksie
- Armand kook kaal deur Armand Aucamp
- Daar is ’n engel in my koskas deur Willie Strauss
- Landbou Boerekos deur Arina du Plessis
Bibi se boekrak
In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.
Die volgende episodes is in Desember vrygestel:
6 Desember
Bibi verklaar die maand van Desember tot #dikBoekdesember en stel dik boeke voor om vir die leeslys te oorweeg, insluitend Agaat deur Marlene van Niekerk. Sy beveel ook vyf boeke aan om mee uit te span op die strand.
13 Desember
Spesiaal vir die Kersinkopielys: Bibi raai vyf klassieke kinderboeke aan wat gepas is vir kinders van alle ouderdomme. Cintaine Schutte beveel ’n lekker lywige boek aan vir #dikBoekdesember.
20 Desember
Bibi bespreek boeke wat jou diep sal laat dink dié Desember.
27 Desember
Bibi raai drie Instagram-profiele aan vir wenke oor wat om volgende te lees. Beer Adriaanse beveel boeke vir die Desembervakansie aan.
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:
![]() |
Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock: ’n resensie
Kleinboer 2018-12-19 "Lennet het intense herinneringe aan sy voormalige geliefde in die stad, Cecilia. Dit verryk die storie en werp lig op Lennet se verliese en hunkeringe. Ander geheueflitse en staaltjies uit sy jeug word ook vernuftig ingeweef." |
![]() |
Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn: ’n resensie
Marni Bonthuys 2018-12-18 "Alles in ag genome, is die roman ’n aangename leeservaring – soms kompleks, maar nie ontoeganklik nie; deurgaans met die tong stewig in die kies, maar met enkele donker skaduwees." |
![]() |
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Marietjie Lambrechts 2018-12-14 "Die troebel tyd van Ingrid Winterbach is ’n meesterlike roman." |
![]() |
Namibiese verhale: Die keiservoël oor Namaland en Die vertes in
Chrisna Beuke-Muir 2018-12-12 "Wat tyd- en ruimte-aanbieding sowel as tema betref, gaan die verhaalgebeure in albei werke oor die lot van die inwoners van Duits-Suidwes-Afrika gedurende 1905." |
![]() |
Die generaal deur Hans Pienaar: ’n resensie
Deborah Steinmair 2018-12-12 "Johan oorleef, nerfaf en ontnugter, maar met sy humorsin en sensitiwiteit intak. Dit speel op die grens, in kuierplekke, slaapkamers en sitkamers af, maar dis in werklikheid ’n reis na binne en stel pertinente vrae oor mag, individualiteit, kreatiwiteit en identiteit." |
![]() |
Die braambos bly brand, saamgestel deur Pieter Malan en Chris Jones: vars uitkyk van nie-teoloë
Laurie Gaum 2018-12-11 "Wat vir my opvallend met die lees van Braambos is, is hoe min 'aggressiewe ateïsme' daar tussen die blaaie van hierdie boek te vinde is. Die samestellers Pieter Malan en Chris Jones verdien ’n pluimpie vir die produk wat hul aanbied: dis kraakvars en propvol." |
![]() |
Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n resensie
Ton Vosloo 2018-12-06 "Pienaar het die wysgeer oor die reg vir die sg volk daar buite geword. Hy skryf met ’n liefde vir Afrikaans en die wye belangstelling van die weetgierige joernalis wat hy net sowel kon geword het as hy nie die regsberoep as loopbaan gekies het nie." |
![]() |
Sleeper deur Mike Nicol: ’n boekresensie
Org Potgieter 2018-12-05 "Die skrywer slaag daarin om jou met ’n paar beknopte en sinryke sinne in die middel van die aksie te plaas." |
![]() |
Tell me your story by Ruda Landman: a book review
Izak de Vries 2018-12-04 “Since the book is representative of all races, a variety of cultures, most religions and a fair range of age groups, the reader is treated to a number of colourful, multilayered views of our country.” |
![]() |
Gert & Joey deur Pieter van Zyl: ’n resensie
Carla van der Spuy 2018-12-04 “Van Zyl gaan op ’n reis wat hom in Gert en Joey se spore laat stap. Hy besoek die Moot, gesels met kennisse, vriende en familie, die slagoffer wat weggekom het en die polisie om soveel as moontlik inligting te kry.” |
![]() |
Video: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé word bekendgestel
Naomi Bruwer 2018-12-20 "Charl-Pierre Naudé se Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Louis Esterhuizen het met hom gesels." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Desember in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
2 Desember
Resensie: Anna Kemp resenseer Kantelpunt deur Sophia Kapp
Skryfnuus: Skryfskool by die Breytenbach-sentrum en Lapa se jeugromanwedstryd
9 Desember
Resensie: Koos Kombuis resenseer Doodmenslik deur WL van der Merwe
16 Desember
Resensie: Louise Viljoen resenseer Vier en Veertig, Agtien deur Peet van Aardt
Nuut op die rak: Nuwe niefiksie
- The Last Hurrah: South Africa and the Royal Tour of 1947 deur Graham Viney
- Your people will be my people: The Ruth Kama Story deur Sue Grant-Marshall
- Illuminating Lives: Biographies of Fascinating People from South African History saamgestel deur Vivian Bickford-Smith en Bill Nasson
- Hanlie Retief gesels met 2 deur Hanlie Retief
- Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar
- SAUK 1936-1995: Bedreigde spesie… of sleutelspeler in transformasie? deur Wynand Harmse
23 Desember
Onderhoud: Die jeugboekskrywer De Wet Hugo gesels met Johan van Zyl oor sy Grilgrypers-reeks
Oorsigresensie: Magdel Vorster kies die beste kinder- en jeugboeke vir die Kerskous
Nuut op die rak: The End of the End of the Earth deur Jonathan Franzen en Ganna & roosmaryn deur Nellie Alberts
Skryfnuus: Marita van der Vyver en Frederik de Jager se skryfkursus op die Wêrelderfenisdorpie Molyvos op die Griekse eiland Lesbos.
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Desember op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
11 Desember
Oorsig: liefdesverhale vir jou boekrak
“Wat is nou lekkerder as om op te krul met ’n heerlike romantiese liefdesverhaal en jouself in die held en heldin se wel en weë te verloor?” Louise Viljoen bekyk agt liefdesverhale wat tans by toonaangewende boekwinkels beskikbaar is.
Lees die oorsigresensie.
13 Desember
“Daar is 300 maklike resepte en pragtige volkleurfoto’s wat jou nooi om kombuis se kant toe te staan om die liplekker disse en gebak na hartelus te beproef.” Louise Viljoen resenseer Landbou Boerekos van die plaas na die tafel deur Arina du Plessis.
Lees die resensie.
20 Desember
Oorsig: vyf leersame aktiwiteitsboeke vir die jongspan
Kinders sal dol wees oor dié interessante aktiwiteitsboeke propvol kleurvolle illustrasies wat die verbeelding aangryp, skryf Louise Viljoen.
Lees die oorsigresensie.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 5 Desember
Ilse Salzwedel gesels met Franci Greyling van die NWU oor ’n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie ingestel is om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Jy kan ook luister na van die materiaal wat in die projek gebruik is. Phyllis Green gesels oor nog ’n paar boeke vir jou Kersfeesboeklysie, en Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae van die Amerikaanse boeke wat tydens die land se amptelike National Book Awards bekroon is.
Woensdag 12 Desember
Phyllis Green vertel vir oulaas vir Ilse Salzwedel van ’n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor die benoemings vir ’n prys waarvoor skrywers nie juis toustaan nie. Want wie wil nou benoem word as die skrywer wat die slegste liefdestoneel van die jaar geskryf het?
Woensdag 19 Desember
Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor haar tien gunstelingboeke vir 2018. In sy internasionale letterkunde-insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Suid-Afrikaans gebore Britse skrywer Justin Cartwright wat onlangs oorlede is.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 4 Desember
Ons is tans in ’n reeks waarin ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor gebed van Jan Spies, Jeanne Goosen, Sheila Cussons, NP van Wyk Louw, Koos du Plessis, Hans du Plessis, Sarina Dönges, Marlene van Niekerk, Zandra Bezuidenhout en Johann Lodewyk Marais. Juanita Swanepoel is die voorleser.
Dinsdag 11 Desember
Hierdie week luister ons na gedigte oor die tema van werk, van Nathan Trantraal, DJ Opperman, Peter Snyders, NP van Wyk Louw, Jan FE Cilliers, Eveleen Castelyn, Jolyn Phillips en Martjie Bosman. Die voorlesers is June van Merch en De Klerk Oelofse.
Dinsdag 18 Desember
Die gedigte sentreer rondom die tema van eet en drink. Daar is gedigte van Antjie Krog, Hennie Aucamp, NP van Wyk Louw, WEG Louw, Sheila Cussons, AG Visser, Fanie Olivier, Uys Krige, Marlene van Niekerk en Koos Kombuis. Die voorleser is Susanne Beyers.
Dinsdag 25 Desember
Vier Kersfees met gedigte van ons grootste digters en musiek van oraloor. Margot Luyt en Dean Balie is die voorlesers. Daar is gedigte van Nathan Trantraal, Antjie Krog, Bernard Odendaal, Diana Ferrus, Sheila Cussons, NP van Wyk Louw, Daniel Hugo, WEG Louw, Elisabeth Eybers, RK Belcher, Adam Small, Donald Riekert, Francilié Hoek, Eveleen Castelyn, Lina Spies, Jeanne Goosen, Peter Snyders, Fanie Olivier en Hans du Plessis.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
13 Desember
Dewald Koen resenseer Mens dier ding deur Alfred Schaffer (vertaal deur Zandra Bezuidenhout)
20 Desember
Dewald Koen resenseer Penseel twintig agtien
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Desember die volgende resensies en rubrieke gelewer:
1 Desember
Kies ’n boek: Prooi deur Deon Meyer en Wegkomkans (heruitgawe) deur Marita van der Vyver
14 Desember
Kies ’n boek: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé
22 Desember
Ken jou storie: Maak letterkunde ons beter mense?