
Foto: https://kyknet.dstv.com/show/wiewordnmiljoener
Freddy Louw, skeppende regisseur en deel van die produksiespan van Wie word ’n miljoenêr? praat met Naomi Meyer oor waarna kykers binnekort op kykNET kan uitsien.
Lekker dat julle Wie word ’n miljoenêr? in Afrikaans op kykNET gaan vertoon. Wie dink julle is die ideale kandidate om deel te neem? Iemand met ’n goeie algemene kennis, of iemand wat goed vaar onder druk, of iemand wat gemaklik is voor die kamera?
.......
Ons voel dis belangrik om uit te lig dat enigiemand van enige deel in Suid-Afrika aan Wie word ’n miljoenêr? deel kan neem.
.........
Jy het al die karaktertrekke genoem waarna ons op soek is en ja, die produksiespan sal dit alles in ag neem. Ons voel dis belangrik om uit te lig dat enigiemand van enige deel in Suid-Afrika aan Wie word ’n miljoenêr? deel kan neem. Die enigste vereistes is dat jy ’n Suid-Afrikaanse ID moet hê en ouer as agtien jaar moet wees. Dit maak nie saak hoe gemaklik jy voor die kamera is nie, die produksiespan sal alles in hulle vermoë doen om jou gerus te stel nadat elke enkele inskrywing bekyk is.
Gaan julle vrae spesiaal gemik wees op Afrikaanse kykers? Of gaan die algemene kennis gebaseer wees op alle nuusgebeure en ander sake in die wêreld?
Sekere vrae sal beslis toegespits wees op spesifiek die Afrikaanse kykers, maar die vrae sal bestaan uit inhoud wat relevant is vir Suid-Afrikaanse sowel as internasionale gehore. Die taal van aanbieding is Afrikaans. Die vrae sal interessant wees vir die deelnemer en vir die kykers by die huis.
Elke episode sal begin met ses kandidate/spelers wat dit gaan moet uitspook in die Vinnigste vingers-ronde om ’n plek in die warm stoel (hot seat) te verseker.
Ons vrae gaan ’n lekker Suid-Afrikaanse geur bring, maar is nog steeds gebaseer op algemene en wêreldkennis.
Die stelontwerp gaan net so massief groot en asemrowend mooi wees soos die huidige Britse weergawe. Die stelbouers is tans besig om te bou en sal dan die stel in dele ateljee toe neem, waar dit hulle ’n maand sal vat om die stel in die ateljee aanmekaar te sit.
Hoe werk die formaat van die program? Gaan daar ook geleenthede wees om jou vriende te vra en so aan?
Ons bring die oorspronklike Who wants to be a millionaire-formaat na kykNET se gehoor. Deelnemers moet 15 meervoudigekeusevrae beantwoord om deur te dring na die finale ronde, waar ’n miljoen rand gewen kan word. Langs die pad is daar hulplyne – oor na die gehoor, bel ’n pel en 50/50.
......
Ons bring die oorspronklike Who wants to be a millionaire-formaat na kykNET se gehoor. Deelnemers moet 15 meervoudigekeusevrae beantwoord om deur te dring na die finale ronde, waar ’n miljoen rand gewen kan word. Langs die pad is daar hulplyne – oor na die gehoor, bel ’n pel en 50/50.
.........
Ons het gevoel dis belangrik om die oorspronklike formaat aan Suid-Afrikaners te bied, want dis waarvan hulle hou en wat hulle ken. Ons het egter ’n wonderlike stelontwerp, grensverskuiwende tegnologie en ’n fantastiese aanbieder!
Wanneer begin die uitsendings, en hoe lank gaan die reeks duur?
.......
Die eerste 13-episode-seisoen van die reeks skop af op 27 Oktober. Die tweede seisoen begin direk daarna.
........
Die eerste 13-episode-seisoen van die reeks skop af op 27 Oktober. Die tweede seisoen begin direk daarna.
Ons is opgewonde ten spyte van Covid en beoog om ’n verminderde gehoor van so 40 mense onder streng Covid-protokols en -regulasies in te bring na Atlantic Studios in Kaapstad.
Die seisoen is 26 episodes lank, so kykers kan uitsien na ses maande van naelbyt-vasvra!
Lees ook:
Die Boekklub 3: ’n onderhoud met Louis Pretorius en Albert Snyman
Dierepraters: ’n onderhoud met Daniah de Villiers en Hettie Richter


Kommentaar
Good Day
Watch a couple of eposodes, must say i was pretty impressed with results, decided to have a look on Google and hence here i am trying to register. Kind Regards Henry
Agree
Net jammer die aanbieder is so langdradig. Behou die spanning, ja, maar skakel die tussenin se twakpraatjies uit.
Ek wil graag deelneem aan die program.
Deelneem op volgende reeks asb
Ek wil graag inskryf om deel te neem aan die volgende seisoen. Ek het die webtuiste besoek maar ek kry nie hoe en waar om in te skryf as deelnemer nie. Kan iemand my asseblief voorsien van die korrekte skakel?
Will there be a 3rd season? 'Cause I'm interested.
Ek sal graag wil deelneem.
Ek wil graag deelneem op "Wie word 'n miljoenêr".
Ek sal graag my pa wil inskryf, hoe doen ek dit?
My man het 'n ongelooflike algemene kennis, sal hom graag wil inskryf.