Visueel
SteedsDink met LitNet Akademies: Shamiega Chaudhari oor haar akademiese navorsing
2026-02-20In hierdie video gesels Shamiega Chaudhari oor onder meer Arabiese Afrikaans, herwinning van identiteit en kultuur, dekolonialisering en postkolonialisme, en Afrikaanse skrywers soos Diana Ferrus, Gaireyah Fredericks en Chase Rhys. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Pareltjes uit Amsterdam: ’n Suid-Afrikaanse fokus op die Rijksmuseum
2026-02-19Die beroemde Rijksmuseum in Amsterdam het taamlik baie materiaal oor Suid-Afrika in hulle besit. In hierdie pareltje wandel Johan Allers so ’n bietjie deur die museum se argiewe.
Pareltjes uit Amsterdam: Blue dots in die Stedelijk Museum
2026-02-06Wat gebeur met belangrike kunswerke tydens ’n oorlog? In hierdie video besoek Johan Allers die Blue dots-uitstalling in die Stedelijk Museum. Die kleur van die kolle vertel ons meer van die kunswerke se waarde tydens ’n oorlog.
World Read Aloud Day 2026: Neo’s invisible blanket by Salamina Mosese
2026-02-06During the week in which World Read Aloud Day took place for the year, Salamino Mosese read from her children's book Neo’s invisible blanket - in Sepedi.
Wêreldhardopleesdag 2026: Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek en Pharos Tweetalige Woordeboek
2026-02-06Het Lize Booysen van Pharos ’n woordeboek ingesluk? Ja, sy het! Dit was onlangs Wêreldhardopleesdag 2026 en Lize het op versoek uit skoolwoordeboeke voorgelees. Wenk: Gebruik jou woordeboek – en luister na al die betekenisse van die woord "verbruik" in hierdie video.
SteedsDink met LitNet Akademies: Mariëtte Geyser oor haar akademiese navorsing
2026-02-05Mariëtte Geyser is ’n boer en ’n akademikus. In hierdie video gesels sy oor onder meer die landbou-ekonomie, insluitend klimaatsfinansiering, internasionale mededingendheid, nuwe markte, risikobestuur, uitvoerregulasies en voedselsekerheid. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Mariëtte Geyser: Die Suid-Afrikaanse landboubedryf
2026-02-05In hierdie video gesels Mariëtte Geyser oor onder meer kunsmatige intelligensie en landbou en algemene uitdagings vir boere. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Jou KI-IK: Die tuin se geheime held
2026-01-30"Is die liewenheersbesie ’n monstertjie of ’n held?" Kyk na hierdie KI-gegenereerde video wat ’n LitNet-skoleverrykingsartikel (Lewenswetenskappe) deur Rouxlyn Botha (2024) opsom. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging.
Pareltjes uit Amsterdam: Kevin Osepa se uitstalling in die Stedelijk Museum
2026-01-29In hierdie video besoek Johan Allers Kevin Osepa se uitstalling, wat handel oor die rouperiode na ’n begrafnis op sy geboorte-eiland Curaçao, in die Stedelijk Museum.
Die Lasarus-effek: Hester Heese (1911–1992)
2026-01-15"Hester Heese (nooiensvan De Swardt) is op 26 Oktober 1911 in Kuilsrivier naby Kaapstad gebore en was een van sewe kinders. Na haar opleiding as kindertuinonderwyseres het sy onderwys gegee op Upington en later in Kaapstad. In 1937 trou sy met Karl Heese en uit die huwelik is vyf kinders gebore. As pastoriemoeder van verskeie NGK-gemeentes het sy aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem."
Die Lasarus-effek: Tryna du Toit (1910–2005)
2026-01-15"Catherina Charlotte Kotzenberg, wat die skuilnaam Tryna du Toit gebruik het, is op 13 Januarie 1910 op De Aar gebore en het ’n merkwaardige loopbaan as Afrikaanse skrywer gehad. Na haar opleiding as onderwyseres het sy in 1932 met Wilhelm Kotzenberg in die huwelik getree en hulle het drie kinders gehad. Tydens haar huwelik was sy eers voltyds huisvrou voordat sy voltyds begin skryf het."
Die Lasarus-effek: Peter Blum (1925–1990)
2026-01-07"Peter Blum was een van die mees raaiselagtige en vlymskerp figure in die Afrikaanse letterkunde. Hy is in Europa gebore (waarskynlik in Wene) en het as kind in 1936 na Suid-Afrika gekom om aan die opkoms van Nazisme te ontkom."
Jou KI-IK: Jou Suid-Afrikaanse erfenis
2026-01-06KI praat Afrikaans. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. "Die geure van jou ouma se resep, die geheue en klanke van liedjies, die stories wat oorvertel word – ontasbare erfenis leef in ons almal. Watter waarde het erfenis wat nie kan afbrand of verwoes word soos ’n gebou of monument nie?"
Die Lasarus-effek: Hettie Smit (1908–1973)
2026-01-06"Smit word vandag onthou as ’n pionier wat die Afrikaanse taal met ’n 'fyn en verfynde' hand bespeel het en as ’n vrou wat die moed gehad het om haar diepste sielsleed in kuns te omskep."
Die Lasarus-effek: Ernst van Heerden (1916–1997)
2025-12-24"Ernst van Heerden was een van die mees verwikkelde en gerespekteerde figure in die Afrikaanse letterkunde. Sy lewe en werk is gekenmerk deur ’n fassinerende paradoks: die viering van fisieke krag teenoor die pynlike verwerking van liggaamlike aftakeling."
Pareltjes uit Amsterdam: Oceanista – Fashion & Sea
2025-12-23In hierdie video besoek Johan Allers Oceanista – Fashion & Sea in Het Scheepvaartmuseum. Dié uitstalling toon hoe die see en seevaart ’n invloed het op modes en die klere wat ons dra.
Die Lasarus-effek: AD Keet (1888–1972)
2025-12-23"Albertus Daniel Keet was ’n veelsydige figuur in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis: ’n gerespekteerde geneesheer, ’n musikale digter en ’n belangrike kulturele skakel tussen Suid-Afrika en Europa."
Die Lasarus-effek: Alba Bouwer (1920-2010)
2025-12-18"Alba Bouwer se literêre loopbaan het op ’n onverwagse manier begin toe Landbouweekblad haar in 1954 versoek het om stories vir hulle kinderrubriek te skryf. Sy het nostalgiese verhale geskep wat teruggryp na haar geliefde plaastyd. Dit het tot die geboorte van Stories van Rivierplaas gelei."
Jeugboeke, die unieke uitdaging
2025-12-18“Tieners lees nie meer nie!” sê hulle. “Bog!” sê Hannes Barnard en haal dan statistiek aan om die teendeel te bewys.
Your AI IQ: Jesus chatbots
2025-12-17"Can AI imitate God? What is lost when one seeks guidance from a machine?" This video overview of an accredited LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) article by Anné Verhoef is generated by AI.
