ATKV-Portaal

atkv

Doc Immelman (1928–2013)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-10-02

"Die drang om te skryf, kan ek egter nie verklaar nie. Dit is eensaam, uitmergelend. Jy is alleen." Lees meer oor die lewe en werk van Doc Immelman in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Julian de Wette (1951–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-09-25

"Ek sien dit nog steeds dat Afrikaanse mense hulself beter voordoen deur Engels te praat. Dis een van die redes waarom ons Napier toe trek – om weer ’n slag onbevange met mense Afrikaans te praat." Lees meer oor die lewe en werk van Julian de Wette in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Persverklaring: Lof vir woordmeesters

LitNet ATKV-Portaal 2025-09-19

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hiermee die pryse vir spanningslektuur, niefiksie en die ATKV-Prosaprys.

Persverklaring: WAT ontvang ATKV-Woordwystoekenning vir U-deel

LitNet Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2025-09-18

Die ATKV-Woordwystoekenning is vanjaar toegeken aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vir die trajek U wat in Oktober 2024 aanlyn verskyn het. Die Woordwystoekenning het ten doel om praktykgerigte naslaanbronne te bekroon vir die bydrae wat daarmee gelewer word tot die ontwikkeling van Afrikaans in die praktyk.

Persverklaring: ATKV vereer woordkunstenaars (poësie, romanse, ’n dramateks en die Woordwystoekenning)

LitNet ATKV-Portaal 2025-09-18

Met die ATKV-Woordveertjies bekroon die ATKV outeurs wat deur hul woordkuns ’n lewende erfenis bou.

Persverklaring: ATKV vier krag van lees en boeke

LitNet ATKV-Portaal 2025-09-17

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei.

Marius Crous (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-09-11

"Die vreugde van poësie is juis daarin geleë – die waarneem, die opteken, die vlugtige deel met ander." Lees meer oor die lewe en werk van Marius Crous in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Madelein Rust (1967–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-08-28

"Al skryf jy een sin op ’n dag – skryf en moenie ophou nie. Raak ontslae van enige sensitiwiteit. Dit verhoed jou om te leer. Opbouende kritiek help jou groei as skrywer." Lees meer oor die lewe en werk van Madelein Rust in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Henk Rall (1938–2022)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-08-21

"Ek is doodbang om ’n moralis te wees. Ek wil niks bepleit nie, ek wil eerder aandadig wees om ’n geslotenheid oop te breek – om in eerlike selfbeskouing te staan." Lees meer oor die lewe en werk van Henk Rall in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag is mondig

LitNet ATKV-Portaal 2025-08-14

Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, vier op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met sy 21ste Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.

"Kom ons begin ’n band": ’n onderhoud met Janke Mostert

Naomi Meyer, Janke Mostert Musiek 2025-08-11

Janke Mostert praat in hierdie onderhoud oor hoe alles begin het, oor alternatiewe Afrikaanse musiek, popkultuur, lirieke, optredes in Aandklas – en hoe Dierbaar na die Maan verlede jaar die ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-kompetisie gewen het.

Persverklaring: ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-semifinaliste 2025 bekend

LitNet ATKV-Portaal 2025-08-11

ATKV-Taalgenoot-Ruk en Rym, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak, het tot 28 Julie inskrywings ontvang en ná ’n rekordgetal – ’n allemintige 93 – musikante hul kuns met die Ruk en Rym-keurders gedeel het, is die 20 semifinaliste van die kompetisie nou bekend.

Annesu de Vos (1964–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-08-11

"My beste verse is dié wat ontstaan het met ’n gedagte, ’n woord, ’n reeks woorde of net ’n reëltjie wat in jou kop opkom. Die vorm kom vanself – deur die medium, deur die woord. Dit gaan nie om ’n verhewe idee of ’n verhewe emosie nie, maar om die suiwer skoonheid van die woord self." Lees meer oor die lewe en werk van Annesu de Vos in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

DPM Botes (1935–2013)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-30

"My gedigte is net die raamwerk waarbinne die leser sy eie gedagtes en sy eie assosiasies kan giet en plaas." Lees meer oor die lewe en werk van DPM Botes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

TO Honiball (1905–1990)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-24

“As iemand snaaks probeer wees, lag mense gewoonlik nie. Dit is ’n kuns om mense te laat lag.” Lees meer oor die lewe en werk van TO Honiball in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

C Johan Bakkes (1956–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-14

"’n Reis is nie net iets wat jy moet verbykry om by die bestemming uit te kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van C Johan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: ATKV-tak PEAAT bied aan Ma skryf matriek, ’n skreeusnaakse toneelstuk wat jy moet sien!

LitNet Teater 2025-07-11

Maak gereed vir ’n aand van lekkerlag en familiemanewales wanneer die ATKV-tak, Port Elizabethse Afrikaanse Amateur-toneelvereniging, met trots Ma skryf matriek aanbied, ’n opwindende gemeenskapsteaterproduksie wat ’n hoogtepunt op die plaaslike vermaaklikheidskalender gaan wees.

Eveleen Castelyn (1928–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-08

"Vir my is dit harde werk om te dig. ’n Gedig volg sy eie stadige proses. Vandat ’n gevoel of indruk in digvorm by my opkom, neem dit dae of selfs weke van oor en oor tik tot ’n gedig na my sin is." Lees meer oor Eveleen Castelyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Naomi Meyer (1975–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-03

“Om te skryf is ’n protes teen die alledaagse lewe. Dit is dalk die mees rebelse daad wat ek kon uitvoer.” Lees meer oor die lewe en werk van Naomi Meyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

VVA se Boektrommelprojek bring leesvreugde na Stellenbosch se laerskole

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2025-06-27

"Die VVA glo dat lees aangeleerde gedrag is wat deur die voorbeeld van volwassenes gevorm word. 'Net soos ’n atleet moet oefen om te presteer, moet kinders gereeld lees om goeie lesers te word,' voeg Van der Merwe by. Deur boeke en storievoorlesing bevorder die VVA nie net geletterdheid nie, maar ook waardes en verbeelding."

Top