Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Voëls van onheil

Pieter Strauss 2009-08-20 (soos vertel deur Diä!kwain) 1. Die Bokmakierie Mamma was die een wat my vertel: Die bokmakierie, die !koroken!koroken koggel jy nié. Dié voël wéét te veel. Hy weet hoeka wat dóér gunter ...

Helen Martins

Marius Crous 2009-08-14 1. (Ah Moon of my Delight who know'st no wane) op watter van die drie bedjies op 'n ry in die lang kamer met sy slangvoettafel gaan sy vanaand die maan soos vir johannes hattingh inwag vir die skurwe streel oor haar lyf nog ...

dagbreek

2009-07-30 dadels en heuning en melk dagbreek en my lyf klou styf in jou kelk teen verwelk teen verbloeming jy blom soeter as heuning en suurder as melk liefdesbreuk in gulpende dadels word onbeskut uitgeskud in afgemete ritme en verweefde mat ...

Metamorfoses

Hennie Aucamp 2009-07-15 vry na Ovidius   'n Vis het sy skubbe en is daardeur vis maar 'n postmodernis vul al sy hiate met vermomde sitate en reken hy is die uiteindelike vis.   'n Parodis paradeer met ander se klere: 'n vaalvalk wat smous met loerie se vere.   Rare avis plagiaris die postmodernis.   Ironies, op […]

nóg vis, nóg vlees

Carina Stander 2009-07-02 binne-in die bangbossteek twyfel deur die vel ek wonder of jy werklik iskan jy die waterpad voorspelglip jy met die tapir deur 'n skemer poelsloes soos die otter wriemel en wóél 'n tamaai kapibara onder koel waterslaaiswaai jy ...

Vier Boerepsalms

Hennie Aucamp 2009-06-23 Bakdag op Rust-mijn-ziel Niks bring jou heiligheid by nie soos brood: die afknie van deeg, die rys daarvan tot oor die rand van ’n paraffienblik-pan, en dan, by die bakoond, die versigtig instoot in bakbossie-hitte wat sidder en beef. Met die oonddeur gegrendel, en met mis diggemaak, begin tergend en spannend ’n Bybelse waak: wát […]

’n sagte Kaapse winternag

Izak van Rensburg 2009-05-27 stil en killer word die dae en veraf die nagte soos skepe, en bros uitgeroes die luike teen die vlae van milde reën wat mot en muf en in eikehoutvate sterker oud word, soos geparste Shiraz. - - - - - - - - - - - ...

Dink aan my

Hilda Smits 2009-05-14 Dink aan my as die rooi tong van die karoo-son oor jou breë skouers lek, en jou gebarste voete oor die sandkombers van die woestynvloer kners en wanneer jy jou reuse-rugsak pootuit op die grond laat val en die tent se koel mure vaardig vaspen, die son sy kop moeg laat sak op 'n kaal […]

Amatola in die week van verkiesing

Carina Stander 2009-04-16

Afrikaanse haikoes

Johann Lodewyk Marais 2009-04-09 Toe die duif opvlieg,was dit vir hom 'n tekenom te gaan toesluit. II Dis nag en die maan se perdehoef trap ligwegop die vensterbank.IIINá hulle weg is,het die bloed op die kosyn'n bruin swam geword.

Dis al

Jelleke Wierenga 2009-04-08

Bloot sê

Jelleke Wierenga 2009-04-08 Weet ik veel hoe poëzie eruit moet zien sê Tom Lanyone (Lan-wa) en ek sê: Tom, beste jongen, ek sta’ versteld want hier is dit ook so ongesteld: Vir ritme en beryming bestudeer ek my handleiding Huppel en sy maats deur WO Kühne byvoorbeeld:           Huppel-huppel saam met die wind,           trippel-trippel, Huppelkind asook:           Die wêreld is […]

palm-pas

Carina Stander 2009-02-11 saans dra ek my man se glimlag soos 'n sekelmaan in my die dag word ryp tot 'n ingeslape groen katel die inmekaarpas in die binneplaas is 'n skaamtelose psalm die musiek loop uit in kleur en klank: hoe heimlik primitief is ons hartklop in die nanag vanaand prewel ons die drie honderd seëninge in […]

Swakopmund herbesoek, 2008

Andries Bezuidenhout 2008-12-19 Andries Bezuidenhout besoek Swakopmund ... weer.

Nat duiwe op ou grys geboue

Johann de Jager 2008-12-19 Kom ek gaan wys vir jou die son. Los alles wat gemuf is agter hier in die sat deurweekte Surrey-landskap van jou selfgekose ballingskap: visgrate in asblikke waar steegkatte snags kom aas; meeue, omgekeer in reënplasse gespieël; ...

Marie-Antoinette

Fanus Rautenbach 2008-12-18 Marie-Antoinette Sy is net hoed en lint en skoene Maar onder alles is sy wreed “Het hul nie brood nie, foei … laat hul my Marie Biscuits eet!” Marie-Antoinette She’s only hat and scarves and shoes But underneath so crazy, and ordered a treat: “Don ‘t they have any bread, shame on you … then […]

Salome

Fanus Rautenbach 2008-12-18

Cleopatra

Fanus Rautenbach 2008-12-18 Cleopatra Die eeue kantel. En die donkies staan vaaltyn vaal onder die vyebome sonder vrug, waar Cleo se soldate met geplette emmers die badsous uit die uiers lig Dit word in koperskottels weggevoer na die paleis en gooi dit dat ...

In die Drakensberg

Fanus Rautenbach 2008-12-18 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen Maar die sewende dag moet jy rus Rus? Sal dit skeel as jy jou erg verveel of gewoon net speel? Na Sy week se werk het Hy sy skepping weer betrag            miskien gelag          miskien gedag Ek het dit alles goed gemaak maar […]

bome van die dood

Fanus Rautenbach 2008-12-18 in ’n amsterdamse straat is die enigste groenigheid twee vaalgrys sipresse van hulle word selfs deur Vader Tyd  – die jeug se gryse vraat vergeet … en alleen gelaat
Top