’n Straat in Delft
Vanuit huisarres
agter tralies slot en grendel
kan ek skielik, onbelemmer
met steë langs
oor wydgegooide luike
of straatlangs
drentel.
Vermeer se Delft-toneel
hang in my prenteraam.
Met wit kwasveë
en spatsels rooi en geel
vang die skilder vas:
klein figure
wat in die gedagte uitdy.
Groei tot lewensgroot.
Teen baksteenrooi en pêrelgrys
straatlangs
klein-doenig bly.
Die magiese bevry.
In dié bewolkte helderheid
verdroom ’n straat in Delft
sy daagliksheid.

