Epilepsie

  • 0


Epilepsie

“the moon has lost her memory” – TS Eliot

eklips
sonsverduistering

epilepsie
kortsluiting

epilepsie van die ingewikkelde
sellulietmassa, bepalend van
die lê van die son, die maan, die man en ’n pil:

wat smak-smak
petit mal, die maan laat skadunette
hekel oor ’n son
en kerf aan die kronologiese verloop
van nag en dag en lewe.
en vra oor die waar en wanneer, en wat nou
in oomblikke van duister.

wat met ’n oogrol
grand mal, kop-ruk-rock-en-roll,
seile trek oor die horison,
die son en die maan
en die hede blou maak met die hemel
in ’n oomblik van totale stilte.

en die dood totaal omvou in
die niks.

epiklepsie voor die son

  • Uit Die lekkerste perske is ’n vy, 2011, Benedic Boeke.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top