duiwedrek

  • 0

duiwedrek

ek sien vanuit my venster:
oorkant my op ’n kliplys
’n beurende hoop duiwemis.
’n toring eintlik; ’n suil
kom ons sê maar
’n afrikaanse taalmonument
van duiwekak

die lys is buite sig
van die gebou waaraan dit pryk
maar eendag
gaan iemand
met ’n ongeërgde mag
dit eenvoudig elimineer

tot dan
skynbaar ongesien
groei die hoop al hoër
want die duiwe kak hom só
dat hy nie omval nie
en al sou dit ook
dan kak hulle hom net weer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top