LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Godsdienswetenskappe-redakteur Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs) E-pos: pgdevilliers@gmail.com Bioskets |
Verwonde en verwarde adolessente – enkele pastorale merkers
2014-04-08 In hierdie artikel val die klem op die pastorale begeleiding van adolessente wat worstel met emosionele verwonding wat in talle gevalle reeds in hul vroeë kinderjare voorgekom het.Populêre filosofie en die Nuwe Testament
2014-03-25Onlangse navorsing het bevestig dat Paulus en ander Nuwe-Testamentiese skrywers van idees en praktyke gebruik gemaak het soortgelyk aan dié wat in tydgenootlike filosofiese tradisies aanwesig was.
Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes
2014-03-05In hierdie artikel word die eenheidsbegrip, wat die matriks van die Johanneïese spiritualiteit vorm, ondersoek. Vir die skrywer van hierdie Evangelie is die eenheid tussen Jesus en sy dissipels gegrond op die eenheid tussen Jesus en die Vader.
Riders in the chariot: Die resepsie van ’n ou simbool in ’n moderne letterkundige werk
2013-12-18 In aansluiting by die huidige klem op resepsiegeskiedenis in die Bybelwetenskappe word in hierdie artikel gekyk hoe ’n Bybelse simbool – die strydwa in Esegiël, en die visioen waarvoor dit staan – in ’n moderne literêre werk, Patrick White se Riders in the chariot, gebruik word.Klein plattelandse gemeentes as ruimtes om brûe na die hele gemeenskap te bou: ’n Prakties-teologiese ondersoek
2013-12-09 Die doel van hierdie artikel is om die moontlikhede te verken om brûe tussen die twee “aparte” gemeenskappe te bou deur gebruik te maak van die geestelike en sosiale kapitaal wat binne klein gemeentes op die platteland beskikbaar is.Om te “preek met die pen” as vorm van die Kartuisertradisie van praedicare manibus (“preek met die hande”) in die lig van Gereformeerde wantroue jeens kontemplatiewe spiritualiteit
2013-11-11 "Hierdie artikel neem as vertrekpunt die groeiende belangstelling in mistieke of kontemplatiewe spiritualiteit ten spyte van eeue van Gereformeerde wantroue jeens hierdie soort spiritualiteit."Leierskap as “krisis-retoriek”? Prakties-teologiese perspektiewe op die onderrig van leierskap en administrasie
2013-10-15 "Vir die ontwikkeling van ’n 'grammatika' vir leierskap en administrasie bied die pedagogiese strategieë en die insigte van Desmond Tutu waardevolle bydraes met die oog op die pad vorentoe."Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?
2013-09-18"Hierdie artikel, in oorwegend toegepaste vorm, poog om die debat oor die sewe tekste in die Bybel wat met “homoseksualiteit” verbind word, so toeganklik moontlik aan nieteoloë bekend te stel. Sodoende kan ’n meer verantwoordelike omgang met die teks van die Bybel moontlik bevorder word."
Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma
2013-09-11 "Die kwessie van homoseksuele predikante, gay-huwelike en gay-legitimasie is van die enkele komplekse juridiese en morele vraagstukke wat die pluralistiese Suid-Afrikaanse samelewing konfronteer."Oneindigheid as religie-relativerende en -insluitende horison
2013-09-03"Die slotsom is dat dié model ’n belowende metafisies-mistieke horison bied om die groot verskeidenheid historiese religieë positief met mekaar in verband te bring, krities te relativeer en bevestigend saam in te sluit."






