LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.

Godsdienswetenskappe-redakteur
Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs)
E-pos: pgdevilliers@mweb.co.za
Bioskets

 

Stilgebed en skone skeppendheid: Om uit die stilte te skep

Johann Rossouw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-11-16

"Dostojewski, Pärt en Schoeman is, aan enige maatstaf gemeet, artistieke reuse. Min kunstenaars bereik dieselfde hoogtes, selfs al lei hulle ’n biddende lewe, maar selfs mindere biddende kunstenaars kan ook skeppende uitdrukking uit stilte beleef."

Laat die klokke lui …! Is die lui van klokke ’n geraasoorlas of bloot die billike uiting van geloofsoortuigings?

Helena van Coller LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-10-23

"’n Reg geld slegs met inagneming van ander se regte en belange. Ten aansien van die lui van klokke moet inwoners wat deur die betrokke praktyk geraak word, se reg om hulle eiendom vry van ’n geraasoorlas te geniet, ook in ag geneem word."

Bejaardheid en asketisme in die vroeë Christendom: ’n Vergelyking tussen die sienswyses van Johannes Chrusostomos en Filoksenos van Mabboeg

Chris L. de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-10-17

"Die praktyk van asketisme is ook die praktyk van selfverloëning, om die self af te sterf en dood te wees vir sonde en drange. ’n Lyk is ook koud en droog, en bejaardheid word ook gesien as teken van die nadering van die aardse dood."

Gadamer, Von Rad en Kritzinger: om tot verstaan te kom

Pieter HJ Labuschagne LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-10-15

"Verstaan van die self in verhouding tot die ander is ’n wederkerige proses wat totale oorgawe vereis. Om terug te kyk na die verlede, die hede te evalueer en uit te reik na die toekoms, speel alles ’n rol in die voortdurende proses van tot-verstaan-kom."

Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43–54

Francois Tolmie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-09-19

"In hierdie studie val die klem op ’n ander interessante saak, naamlik die verskillende maniere waarop die koninklike amptenaar in Johannes 4 met die verloop van die eeue verstaan is. Die doel met hierdie oorsig is om daarmee ons eie verstaan van die amptenaar te verryk."

Ordening en heling in die wordende heelal: die Bybelse interteks van Ina Rousseau se poësie

Lina Spies LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-08-21

"Die deurlopende tema in Die verlate tuin is die onvervulde mens se vergeefse verlange na vervulling van sy diepste behoeftes, ’n ongeskonde aarde en ’n vertrouensverhouding met God. Deur aan Bybelse vroue poëtiese gestalte te verleen, gee Rousseau uitdrukking aan spesifiek vroulike onvervuldheid."

Wie het die ontwerp van die Voortrekkermonument geïnspireer: Farao of Abram?

Dolf Britz LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-05-17

"Wat ’n Egiptiese praalgraf en tempel onderskei het, het navolging in die simboliek van die Voortrekkermonument gevind. Moerdyk noem dit gepas ’n heiligdom."

Pastorie of nie? Die invloed van gemeentebehuising op die aftredevooruitsigte van die NGK-predikant

Liezel Alsemgeest LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-04-19

"Alhoewel die roeping na die bediening nie noodwendig finansieel ingestel is nie, is finansiële insig, bewusmaking en moontlike opleiding dringend nodig om te verseker dat predikante genoeg manna vir die sewende dag het."

Self, religie en homeostase: ’n Neuroteoretiese verkenning van die vroeë Boeddhisme

Sandra Troskie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-04-11

"Die versteuring van emosionele homeostase waarvoor die Boeddha geglo het hy ’n oplossing gevind het, was nie alleen deur ingrypende omgewingsveranderinge teweeg gebring nie, maar ook deur ’n religieuse self- en werklikheidsbeskouing aan die grond van die sosiokulturele stelsels van Noord-Indië in hierdie tyd."

Andrew Murray en die debat oor wondergeloof

Vincent Brümmer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-03-07

"Murray het die wêreld geïnterpreteer vanuit die interpretasieraamwerk van die Réveil waarin die natuurlike wêreld sin kry vanuit sy verhouding met die bonatuurlike God wat deur wonders sy liefde binne die natuurlike orde aan ons openbaar ..."

Regsgeskille en die kerk: lesse te leer uit die saak van Johannes Fortuin en die Church of Christ Mission

Helena van Coller LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-11-30

"Hoewel daar algemeen aanvaar word dat die staat en selfs die howe nie ’n geloofsinstelling kan dwing om ’n sekere standpunt in te neem in die uitoefening van sy geloof nie, beteken dit nie dat geloofsinstellings gevrywaar word van prosedurele reëls of selfs die bepalings van die Grondwet en ander wetgewing nie."

Die metafisiese tradisie vandag. ’n Interpretasie van Eric D. Perl

Danie Goosen LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-11-22

"Vanuit die tradisie beoordeel word die ritme van die denke deur ’n eenheid gekenmerk. Ingevolge sy eie beweging is dit ’n eenheid wat strek vanaf vorm na afgrond, vanaf woord na stilte, vanaf begrip na misterie, vanaf die ontologiese orde na dit wat dié orde voorafgaan."

Die hermeneutiek van die geloof

Vincent Brümmer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-10-25

"In hierdie artikel word geargumenteer dat religieuse geloof nie ’n soort kennis is nie maar ’n soort interpretasie van die dinge wat ons ken. Gelowiges kyk na die werklikheid met die oë van die geloof."

Profesie in die Hebreeuse Bybel, die vroeë Christendom en eietydse Pinksterkerke: ’n Vraag oor kontinuïteit en diskontinuïteit

Marius Nel LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-10-19

"Die meeste klassieke Pinksterkerke beskou profesie as ’n charismatiese woord wat aan God toegeskryf word, as voortsetting van die beoefening van profesie in die Hebreeuse Bybel en die vroeë Christelike kerk, selfs al verskil die gesag daarvan skynbaar."

Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse

Jacobus Carnow, Christo Thesnaar LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-09-27

"In hierdie bydrae is die teologiese grondslag van menswaardigheid aangewend om die menswaardigheid van ’n groep bruin staatspensioenarisse binne hul sosio-ekonomiese situasie te help interpreteer."

D.J. Opperman se verbond met die skeppende God: ’n Interpretasie van Heilige beeste en Negester oor Ninevé

Lina Spies LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-07-19

“Op grond van die religieuse gedigte waarop ingegaan is, kan myns insiens die afleiding gemaak word dat die Ou-Testamentiese God van die Verbond die God van die digter Opperman is aan wie hy in meerdere gedigte met sy eie aksente poëtiese gestalte verleen.”

Die liturgie van die 1995-Wêreldrugbybeker-eindwedstryd: ’n ruimtelik-liturgiese refleksie deur die lens van ’n sosiale-kohesie-model

Daléne Flynn LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-07-13

"Teologie wil gemeenskappe dien. As sport sosiale kohesie bevorder, kan die teologie nie sy oë daarvoor sluit nie."

Mag, die staat en die kerk in Suid-Afrika

Johann Rossouw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-07-06

"Suid-Afrikaanse Christelike leiers is oënskynlik meer besorg oor voete in die kerk as oor ’n wesenlike getrouheid aan die kernwaarhede van die Christendom, en die noodwendig uitdagende, verontrustende en selfs revolusionêre implikasies wat dit het."

Voortdurende onbekendheid en vreemdheid. Die implikasies van Michael Welker se teologie van die Gees vir ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge

Henco van der Westhuizen LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-06-05

"Een van die mees uitdagende faktore in die huidige tydsgewrig is dat Suid-Afrikaners op feitlik elke denkbare manier verdeeld is. Vele verdelende meganismes het mense oor baie jare heen toenemend van mekaar vervreem en uitmekaar gedryf."

Die juk van askese: Slawe in kloosters en kloosterlike huishoudings in die sendeling Johannes van Efese se Commentarii de beatis orientalibus

Chris L. de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-05-23

"Slawe funksioneer nie soseer as mense uit eie reg nie, maar as naamlose tekens van die rykdom en luukse lewe van die elite. Monnike kon hul eie slawe aanhou, selfs binne ’n klooster."

Top