Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Inskrywings ingewag vir kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2017

LitNet Boeke en skrywers 2017-06-08

"Met dié pryse, wat verlede jaar vir die eerste keer toegeken is, word erkenning gegee aan Afrikaanse resensente wat boeke en die leesgenot van boekliefhebbers bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak."

Persvrystelling: Jannie du Toit se program in die Lae Lande

LitNet NeerlandiNet 2017-06-07

"Du Toit wordt begeleid door een musiekensemble van het hoogste niveau. Hij is jaren lang reeds een topuitvoerder van de liedkunst in het algemeen, maar vooral van Brel. Na een tiental tournees door de Benelux sinds 1992 is Jannie zeer geliefd geworden bij het Nederlandstalige luisterpubliek."

Sixteen international authors confirmed for the 2017 Open Book Festival

LitNet Books and writers 2017-06-05

"The Open Book Festival will be presented from 6 to 10 September 2017, once again offering a world-class selection of book launches, panel discussions, workshops, masterclasses, readings, performances and more."

Press release: “Streetkids” to perform at Artscape’s Zip Zap Circus lunch hour concert

LitNet Leefstyl 2017-06-02

"Zip Zap Circus will be bringing a fun-filled performance to the Artscape Lunch Hour Concert on the 6th of June."

Vaselinetjie, die film: ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer Onderhoude 2017-06-01

"Vaselinetjie is ’n film oor die soeke na identiteit en die lang pad na oorlewing om te ontdek wie jy werklik is; ’n huldeblyk aan die krag van die menslike gees, die mag van liefde en ons vermoë om ten spyte van alles wat teen ons saamsweer te triomfeer." Vaselinetjie begin op 22 September 2017 in filmteaters draai.

13 Reasons Why: enkele argumente

Liné Loff Menings 2017-06-01

"Is daar ’n gevaar dat kykers meer geneig sal wees tot risikogedrag, selfbesering of selfdood na hulle die reeks gekyk het? Is Hannah Baker se storie ’n uitsondering? Wat staan ouers te doen?"

’n Berlynse dagboek

Willem de Vries Reis 2017-06-01

"Verhale, musiek en rolprente kan jou help om jou by ’n stad in te verbeel. Ek wou al vir jare meer weet van die Berlyn van Wim Wenders se stad in Der Himmel über Berlin, ook hoe die groep Einstürzende Neubauten sy skrootsimfonieë in die stad geskep het."

Persvrystelling: Bekroonde rolprent Krotoa se amptelike lokprent pas vrygestel

LitNet Film 2017-05-31

"Krotoa (Eva) is die heldin van hierdie fliek. Dit is nie net belangrik om haar storie te vertel as gevolg van alles wat sy bereik het nie, maar ook om te beklemtoon dat sy vasgevang was tussen twee leefwyses en dat sy telkemale gedwing is om te kies tussen hierdie twee kulture."

Taxi Violence: "Mens kan ’n kenmerkende klank hê, maar steeds nuwe dinge probeer"

Henry Cloete Musiek 2017-05-30

"Ons was nog altyd maar ’n klomp pelle gewees wat lekker saam lag. Nog nooit bang om vir onsself te lag ook nie."

Skryfkompetisie: Jou troudag

LitNet Wen 2017-05-25

Vertel vir LitNet hoe jou ideale troudag sal lyk of deel spesiale herinneringe aan jou groot dag. Jy kan ’n boekpakkie wen met ’n boek wat jou gaan help om ’n troue te beplan – en nog ander lekker leesstof!

The salesman: filmresensie

Suzette Myburgh Film 2017-05-24

"Dis nie elke regisseur wat dit regkry om twee keer die Oscar vir beste buitelandse rolprent te wen nie. Die Irannees Asghar Farhadi het, met A separation in 2011 en vanjaar met The salesman."

Innibos 2017: Fees in die oortreffende trap

LitNet Feeste 2017-05-24

Innibos vind vanjaar van 5 tot 8 Julie plaas. Hier is ’n blik op wat feesgangers by vanjaar se fees te wagte kan wees.

Franschhoekfees 2017: Sophie Hannah

Naomi Meyer Feeste 2017-05-24

"Voor elke misdaadboek, sê sy, beplan sy haar boek haarfyn. Sy beplan elke boek vooraf so deeglik dat haar agent een slag vir haar gesê het as Sophie doodgery word, sal sy wat die agent is aan die hand van die uiteensetting die boek kan skryf."

Persverklaring: Korreltjie Kantel-bekendstellingstoer

LitNet Musiek 2017-05-24

Die Wes-Kaapse optredes van die Korreltjie Kantel-bekendstellingstoer vind van 26 tot 28 Mei plaas. Hier is meer inligting oor Luna Paige, Nick Turner en Jamie Jupiter se nasionale toer.

VraNet: Nuttige wenke vir kosmaak

Liné Loff, Francois du Preez Menings 2017-05-24

"Onthou net, mens vat nooit ’n mes sonder om ’n ruildingetjie daarvoor te gee nie. Dis ’n ouvroustorie, maar ek het dit nog nie gebreek om uit te vind wat gebeur nie. Ek wil ook nie die kans waag nie."

Chris Chameleon: "Ek moes bontstaan om als vorm te gee"

Henry Cloete Musiek 2017-05-23

"Toe ek eers aan die gang kom, was dit soos ’n lorrie vol waatlemoene waarvan die agterdeur nie mooi toegemaak is nie, wat vinnig teen ’n opdraande wegtrek."

Franschhoekfees 2017: Is ’n plot ’n plan?

François Verster Menings 2017-05-23

"Maar wat saak maak, is wat die drie rillermeesters sê, en Nicol sê as hy nie weet hoe om die verhaal af te sluit nie, los hy dit. Die manuskrip fermenteer dus vir ’n week of selfs ’n maand totdat ’n werkbare einde hom aanmeld."

Grimmig van Battery 9: ’n resensie

Luna Coyne Musiek 2017-05-23

"Die Paul Riekert van Grimmig is ’n ander Riekert as die een aan wie luisteraars en rockers voorheen gewoond geraak het. Hierdie is sy opstanding. Sy revolusie."

’n Nuwe voorsitter vir Kunste Onbeperk

LitNet Menings 2017-05-23

Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn aanbied, het ’n nuwe voorsitter. Hier is meer inligting oor die nuwe voorsitter, Crispin Sonn.

Funny Girl – The Musical by die Fugard-teater: ’n resensie

Maryke Roberts Teater 2017-05-23

"Gee jy ’n gewilde semibiografiese musiekblyspel oor ’n bekende Broadway-ster en aktrise oor aan ’n bekwame, vernuwende span plaaslike teatermakers, kry jy hul pragtige vertolking van die oorsese wegholsuksesstorie van Fanny Brice in Funny Girl – The Musical."

Top