Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Die reuk van appels by KKNK 2017: ’n onderhoud

Johan van der Merwe, Steyn du Toit Teater 2017-04-12

"Dit was van die begin af vir ons belangrik dat dit Die reuk van appels op die verhoog moes wees, en nie bloot ’n toneelstuk wat daarop gegrond is nie."

ATKV Oesfees 2017: Fotoalbum 2

Naomi Bruwer ATKV-Portaal 2017-03-31

Die ATKV-Oesfees het op 25 Maart by Solms Delta in Franschhoek plaasgevind. Naomi Bruwer deel haar foto's en video.

US Woordfees: WOORDtroFEES-nominasies vir 2017

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-30

Die kortlys van nominasies vir vanjaar se US Woordfees WOORDtroFEES-toekennings is pas bekend gemaak. Hier is die lys van genomineerdes.

US Woordfees 2017: Wys ons die Lae Lande in woord en klank

Marike van der Watt Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-30

"Die Lae Lande is tydens die afgelope US Woordfees goed verteenwoordig. Buiten die optredes van die Nederlandse en Vlaamse woordkunstenaars Stefan Hertmans, Peter Verhelst, Abdelkader Benali, Pamela Pattynama, Tom Lanoye, Diane Broeckhoven en Kurt Defrancq het die Lae Lande ook in verskeie musiekproduksies opgeklink."

ATKV Oesfees 2017: Fotoalbum 1

Izak de Vries ATKV-Portaal 2017-03-29

Die ATKV-Oesfees het op 25 Maart by Solms Delta in Franschhoek plaasgevind. Izak de Vries deel sy foto's en video.

Niël Rademan oor die Suidoosterfees 2017

Niel Rademan, Naomi Meyer Feeste 2017-03-27

"Ons is soomloos in ras, kultuur, klas, geloof, taal – met ’n fokus op Afrikaans, vir jonk en oud! Ons is werklik Slegs vir almal!"

Kô, lat ons sing! by die Woordfees 2017: ’n resensie

Michael le Cordeur Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-24

"Vir ’n oomblik, net ’n vlietende oomblik was daar ’n klein, skraal man op die verhoog: sy hare skitterwit. Hy glimlag sag en knik sy kop."

Die maan val bewusteloos by die KKNK 2017: ’n resensie

Albert Maritz KKNK 2017-03-17

"Die maan val bewusteloos is die mees vernuwende kunsrekwisiete-verbeeldingsvlug ooit. Die mees volmaakte gevallestudie van ouderdom, verval, Alzheimers, liefde."

KKNK se boekgesprekke bied insig in nuwe Afrikaanse publikasies

LitNet KKNK 2017-03-17

Die ATKV-Boeke-oase is nie net ’n tuiste vir die nuutste boeke teen sakpaspryse nie, maar stel ook met daaglikse boekgesprekke feesgangers bekend aan ons kreatiewe denkers en hul skryfprosesse. Hier is die program vir vanjaar se boekgesprekke by die KKNK.

US Woordfees 2017: Fotoalbum 6

Gerrit Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-16

Gerrit Rautenbach deel ’n laaste paar foto's.

US Woordfees 2017: Fotoalbum 5

Naomi Bruwer Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-16

'n Keuse van Naomi Bruwer se feesfoto's en -video's.

Die fees wat uithaal en WYS!

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-16

"Die 18de Woordfees met die tema 'WYS!' het inderdaad uitgehaal en gewys: Afrikaans is nie dood nie. Lank lewe Afrikaans in al sy variante, kleure en dialekte."

Emily Hobhouse (1860–1926) en haar biograwe: US Woordfees 2017

Ena Jansen Seminare en essays 2017-03-16

"Elke generasie stel nuwe vrae en het ander belange; elke biograaf sal daarom vanuit die kennis en ervaring van ‘n bepaalde eie tyd ‘n ander beeld van daardie persoon ontwerp."

US Woordfees 2017: Satan en demone is ’n feit, sê Isak Burger

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-16

"Hy het gelowiges gewaarsku teen die massa-TV-evangeliste wat links en regs demone wil uitdryf. 'God en die geesteswêreld kan net bereik word as die geeste hulleself aan die mens openbaar.'"

US Woordfees 2017: Emily Hobhouse was nie aan die Boere se kant nie

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-16

Elsabé Brits: “Sy het herhaaldelik gesê sy staan verwyderd van die oorlog en verag oorlog. Sy het Suid-Afrika toe gekom om die vroue en kinders wat as gevolg van die oorlog gely het, te help en het geen saak met mans gehad wat hulleself in ’n oorlog dompel nie.”

’n Fraksie van die US Woordfees in kiekies

Izak de Vries Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-15

Die US Woordfees oorrompel jou, smokkel met jou sinne en tart jou uithouvermoë. Agter die skerms is ’n enorme operasie. Op die verhoog is mense wat jou inspireer. Izak de Vries deel ’n aantal foto's.

US Woordfees 2017: Afrikaanse mense kom van ver af

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-15

“Ons val so vas in ’n groef met die vraag wat gaan van Afrikaans as onderrigtaal word dat ons maklik vergeet Afrikaans lewe in die harte van elke aspek van mense se lewens, en spesifiek bruin mense se lewens.”

US Woordfees 2017: Fotoalbum 4

Gerrit Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-13

Die fees woord voort – nog 'n paar kiekies ...

Twee tuistes vir Uitkampteater by KKNK 2017

LitNet KKNK 2017-03-13

"Uitkampteater is vanjaar met die Fiëstas se Blou Stoel bekroon en was volgens die Fiëstapaneel verantwoordelik vir 'die mees opwindende teaterervaring van 2016'."

Pa, maak vir my ’n vlieër, pa by US Woordfees 2017, ’n resensie

Liné Loff Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-13

"As mens agter hulle dialoog en toneelspel inklim, is daar ’n ander boodskap wat na vore kom: ’n boodskap van die geroetineerde bestaan van die hedendaagse volwassene, wat presies weet hoeveel treë hy elke dag na sy kantoor stap, en by hoeveel skoorstene hy verbystap."

Top