Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

US Woordfees 2017: Afrikaanse mense kom van ver af

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-15

“Ons val so vas in ’n groef met die vraag wat gaan van Afrikaans as onderrigtaal word dat ons maklik vergeet Afrikaans lewe in die harte van elke aspek van mense se lewens, en spesifiek bruin mense se lewens.”

US Woordfees 2017: Fotoalbum 4

Gerrit Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-13

Die fees woord voort – nog 'n paar kiekies ...

Twee tuistes vir Uitkampteater by KKNK 2017

LitNet KKNK 2017-03-13

"Uitkampteater is vanjaar met die Fiëstas se Blou Stoel bekroon en was volgens die Fiëstapaneel verantwoordelik vir 'die mees opwindende teaterervaring van 2016'."

Pa, maak vir my ’n vlieër, pa by US Woordfees 2017, ’n resensie

Liné Loff Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-13

"As mens agter hulle dialoog en toneelspel inklim, is daar ’n ander boodskap wat na vore kom: ’n boodskap van die geroetineerde bestaan van die hedendaagse volwassene, wat presies weet hoeveel treë hy elke dag na sy kantoor stap, en by hoeveel skoorstene hy verbystap."

Wild by US Woordfees 2017, ’n resensie

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-13

"Wat maak mens méns?"

Die jeug sê: Afrikaans ja – en ook ons ander tale

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-13

“Alle inheemse tale moet mettertyd tot akademiese tale ontwikkel word sodat al Suid-Afrika se kinders die beste geleentheid kan kry om hul volle potensiaal te ontsluit.”

US Woordfees 2017: Fotoalbum 3

Gerrit Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-12

Soveel dae, soveel woorde, beelde en lirieke ...

Kan ’n skrywer ’n ander kultuur se hoed opsit?

Liné Loff Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-10

"Veral wanneer jy skryf oor iemand se trauma, vernedering of verlies, kan dít wat jy skryf die persoon weer van vooraf seermaak. Die skrywer moenie deel raak van die probleem nie."

US Woordfees: Ryk Hattingh is almal se vriend

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-10

"Met Huilboek nooi Hattingh jou soos ’n troue vriend tot binne-in sy hart om saam met hom te stap deur die pad van sy veelbesproke lewe. Jy wil saam met hom lag en saam met hom huil, soos almal wat by die Woordfees saam met hom om ’n tafel kon sit en bier drink."

Oh wide and sad land: Adam Small vertaal NP Van Wyk Louw

Daniel Hugo Boeke en skrywers 2017-03-09

"In 1975 verskyn Adam Small se vertalings van ’n keur uit NP Van Wyk Louw se gedigte as Oh wide and sad land. Dit is nog steeds die omvattendste versameling gepubliseerde vertalings uit Louw se oeuvre."

US Woordfees 2017: Fotoalbum 2

Gerrit Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-09

Die fees woord voort. Foto's: Gerrit Rautenbach

US Woordfees 2017: Fotoalbum 1

Naomi Bruwer Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-09

LitNet wys wat gebeur by die Woordfees. Naomi Bruwer deel haar eerste feesfoto's en -video's.

US Woordfees 2017: Wat moet ons met ons kerk doen?

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-09

“Hoe kan ’n Afrikaner nie oor die kerk skryf nie, want feitlik alle Afrikaners kom uit ’n agtergrond waar die kerk geweldig voorskriftelik was en bepaalde vrae in mense se gemoed gelaat het.”

Die vlammende fez: 'n teaterresensie

Naomi Meyer Feeste 2017-03-08

"Die vlammende fez is nie net een produksie nie, dit is baie. Dit bestaan uit 'n veelheid van mense se stories, musiek, gesels en geskiedenisse."

US Woordfees 2017: Die toekoms van hoër onderwys in Suid-Afrika

Liné Loff Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-08

"Suid-Afrikaanse universiteite het die besonderse vermoë om ten spyte van die gebrek aan ondersteuning en hulpbronne steeds hoë akademiese standaarde te handhaaf."

US Woordfees: HemelBesem se god praat Afrikaans

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-07

"Min mense beskik oor die vermoë om ’n gehoor so mee te sleur soos hierdie gewilde rymkletser met ’n ruim hart vir mense en groot liefde vir Afrikaans."

US Woordfees: Afrikaans raak my nie, traak my nie?

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-07

"Afrikaans raak ons en traak ons."

US Woordfees 2017: Sing jy van bomme, ’n onderhoud

Ryk Hattingh, Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-07

"Dertig jaar gelede was Suid-Afrika in die greep van ’n magtige militêre masjien met sensuur en indoktrinasie en ongelykheid as grondbeginsels. Die land is bevry van dié ongeregtighede. Nou is daar egter uiteraard nuwe monsters om aan te vat."

US Woordfees 2017: Drie, ’n resensie

Liné Loff Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-06

"Louis Preller is ’n 37-jarige, enkellopende OCD-lyer. En hy verkies die donker, want dan kan niemand sy foute sien nie."

US Woordfees: Hitler, Verwoerd, Mandela en ek deur Marianne Thamm

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-06

"Net soos vandag se generasie vrae vra oor Hitler en apartheid, sal toekomstige generasies vra: Wat het julle gedoen toe Nkandla plaasgevind het? Wat het julle gesê en hoe het julle dit gestop?"

Top