Kiekies van die KKNK se Kannas 2017

  • 0

Die Kannas, wat jaarliks kreatiewe uitnemendheid by die KKNK beloon, is Maandagaand (15 Mei) op die Nasdak, bo op die Media24-gebou in Kaapstad, oorhandig. LitNet het al ’n berig oor al die wenners geplaas.

By die ingangsportaal het daar reeds ’n visuele skouspel gewag. Hier volg ’n aantal indrukke van die aand, soos gesien deur Izak de Vries se lens.

Kaapstad het ’n baie mooi sonsondergang opgedis om nie af te steek by die organiseerders van die Kanna-toekennings nie.

Elke wenner het ’n Kanna-beeldjie, deur Danélle Janse van Rensburg, en ’n kontantprys ontvang.

Elana Afrika was die gasvrou.

Hugo Theart is die kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK bedryf.

Mareli Stolp was die sameroeper van die Kannapaneel.

Hierdie jaar is jong mense gevra om die kinderteater by die KKNK te beoordeel. Zac Roggeband (14) was een van die paneellede en het ook die aankondiging oor die beste kinderteater-aanbieding gemaak.

In die woud, met Jurgen McEwan, Caleb Peter en Kurt Jonas, is ’n  nieverbale reis deur die natuur. Dit het die Kanna vir die beste kinderteater-aanbieding, geborg deur Media24, gewen. Regie was deur Chenal Kock.

Die Kanna vir die beste Uitkampteater-aanbieding, geborg deur NATi, het gegaan aan The Swan Song. Buhle Ngaba (middel) was verantwoordelik vir die teks, en was ook die aktrise. Ilana Cilliers (links) was die regisseur en Amy Rusch die kunstenaar.

Direk daarna is Buhle Ngaba teruggeroep om die Kanna vir die beste opkomende kunstenaar, geborg deur Ton en Anet Vosloo, te ontvang. Dit was vir haar teks en spel in The Swan Song. Hier oorhandig Ton Vosloo die Kanna aan haar.

Die Kanna vir die beste bydrae tot visuele kuns, geborg deur Absa, het gegaan aan Ronél de Jager vir Broeigrond: Fertile Ground for Golden Regrets.

Die Kanna vir die beste nuutgeskrewe teks, geborg deur NATi, is opgeraap deur Retief Scholtz vir Dop.

Kopano Maroga was die wenner van die Kanna vir die beste byspeler: manlik, geborg deur Kunste Onbeperk, vir sy spel in Buite Land.

Die Kanna vir die beste akteur, geborg deur Castle Lager, het gegaan aan Gideon Lombard vir sy spel in Die reuk van appels.

Die Kanna vir die beste regie, geborg deur die ATKV, is gewen deur Lara Foot vir Karoo Moose.

Die Kanna vir die beste musiekproduksie, geborg deur Huisgenoot, is gewen deur Rymklets van Oos tot Wes.

Die besturende direkteur ATKV-groep, Japie Gouws, oorhandig die Kanna vir die beste teateraanbieding, aan Kopana Moraga vir Karoo Moose. Hierdie Kanna is geborg deur die ATKV.

Die Wes-Kaapse minister van Sport en Kultuur, Anroux Marais, oorhandig die Kanna vir die beste debuutwerk, geborg deur Media24, aan Neil Coppen, die skrywer van Buite Land.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top